# Die Israelse weermag sê forensiese ondersoekers het die oorskot van een van twee gyselaars geïdentifiseer wat Hamas gister oorhandig het. Dis die liggaam van die 85-jarige Aryeh Zalmanovich wat op 17 November 2023 in aanhouding dood is. Sodra die tweede persoon uitgeken is, sal dit beteken Hamas het die liggame van 15 van die […]
# Krieket: Suid-Afrika het Pakistan in Colombo volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode met 150 lopies verslaan om boaan die Vroue-wêreldbeker se punteleer te eindig. Kaptein Laura Wolvaardt het 90 van 82 balle behaal en die Proteas het in 40 boulbeurte 312 vir nege aangeteken voor reën hul beurt in die wiele gery het. Dis Suid-Afrika se hoogste […]
# Amerika se visepresident JD Vance is positief oor die Israel-Hamas-skietstilstand en sê dis op ʼn baie goeie plek. Hy is op besoek aan Israel om die brose skietstilstandooreenkoms te ondersteun. Die skietstilstand wankel onder herhaalde skendings sedert dit op 10 Oktober tot stand gekom het. Hamas het sedertdien twee Israelse soldate doodgeskiet en Israel […]
# Fitch Ratings sê hy verwag die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal Suid-Afrika se inflasieteiken in volgende maand se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring amptelik tot drie-persent verlaag. Die land se huidige inflasiekoers is tussen drie en ses-persent. Die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, het in Julie gesê monetêre beleidmakers verkies nou om inflasie op die laagste amptelike teiken […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê handelsgesprekke met Amerika vorder goed. Dis egter onwaarskynlik dat die regering toegewings oor plaaslike beleid sal maak as deel van die onderhandelinge. Amerika het in Augustus tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na dié land gehef wat duisende werksgeleenthede in die voertuig- en sitrusbedryf […]
# Elf Europese leiers sê hulle ondersteun president Donald Trump se standpunt dat gevegte in Oekraïne onmiddellik moet eindig, en sê die huidige kontaklyn moet die beginpunt van onderhandelinge wees. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het herhaaldelik die idee verwerp om groot gebiede in die oostelike streke van Donetsk en Luhansk prys te gee, as […]
# Gauteng se adjunkpolisiekommissaris, Fred Kekana, sê hulle sal geen steen onaangeroer laat om die verdagtes op te spoor wat betrokke was by gistermiddag se skietery in Westbury, wes van Johannesburg nie. Twee tieners is doodgeskiet en vyf ander is gewond in wat die polisie glo ‘n bendeverwante skietery was. Die slagoffers is tussen 13 […]
# Die Liberaal Demokratiese Party se leier, Sanae Takaichi, is die eerste vrou wat as Japan se eerste minister gekies is. Die 64-jarige Takaichi, wat as Japan se “Ystervrou” bekendstaan, het 237 stemme uit 465 in die Parlement se laerhuis gekry. Dit volg nadat haar party ingestem het tot ʼn koalisie met die regse Japan […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle verwag ‘n taai en uitdagende jaareind-toer. Die voormalige Junior Springbok-stut en kaptein, Zachary Porthen, is die enigste nuweling wat in die groep van 36-speler ingesluit is vir volgende maand se toer. Die Bokke sal Japan op die eerste van volgende maand op die Wembley-stadion in Londen pak, gevolg […]