Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 23 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig vandag soos talle ander dagblaaie oor die getuienis voor die ad hoc-komitee en Madlanga-kommissie. # En die Netwerk24-webblad: Berig skokgranate is afgevuur op betogende ouers buite die Milnerton High School nadat nog ‘n boelie-video aan die lig gekom het. […]
# Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee het Indonesië se weiering veroordeel om Israelse atlete toe te laat om aan die Wêreld-gimnastiekkampioenskap in Jakarta deel te neem weens die land se militêre veldtog in Gaza. Die IOK sê alle internasionale sportfederasies sal aangesê word om geen geleenthede of vergaderings in Indonesië aan te bied nie. […]
# Die Departement van Staatsdiens en Administrasie en sy instellings is gewaarsku om pogings te verskerp om ʼn professionele, etiese en aanspreeklike staatsdiens te bou. Die parlementêre portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie het die Begrotingshersiening- en Aanbevelingsverslag vir 2024/2025 aanvaar. Die komitee verklaar in die verslag dat ten spyte van aansienlike beleid- en wetgewende hervormings […]
# President Cyril Ramaphosa is vandag en môre in Hanoi, Viëtnam, as deel van sy besoek aan drie nasies in Suidoos-Asië. Die Presidensie sê Ramaphosa se staatsbesoek aan Viëtnam weerspieël die dieper bande tussen die leiers van Suid-Afrika en Viëtnam, wat berus op wedersydse respek en toenemende samewerking. Hy sê die besoek val saam met […]
# Die Internasionale Geregshof sê Israel het ʼn verpligting om seker te maak daar word voldoen aan burgerlikes in Gaza se behoeftes. Dié hof het in ʼn raadgewende mening verklaar die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge het nie reëls oor onpartydigheid oortree nie en Israel moet die agentskap se hulppogings ondersteun. Regter Iwasawa […]
# Die DA sê die uitspraak teen Jacob Zuma oor sy regskoste wat deur die staat betaal word, is ʼn oorwinning vir Suid-Afrika en die beskerming van belastingbetalersgeld. Die Hooggeregshof in Pretoria het die oudpresident opdrag gegee om 28,9-miljoen-rand aan regskoste te betaal wat onregmatig deur die staat befonds is. Zuma moet die skuld binne […]
# Die Gautengse premier Panyaza Lesufi sê die ontbinding van die misdaadvoorkomingsbewaarders, informeel bekend as AmaPanyaza, sal in stadiums oor die volgende 36 maande gedoen word. Hierdie stap volg op die bewering van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat die AmaPanyaza onwettig is. Lesufi sê die bewaarders sal geïntegreer word in die Gautengse verkeerspolisie, Spesiale […]
# Tien musikante is bygevoeg op die lys kunstenaars vir die 26ste Latin Grammys wat op 13 November by die MGM Grand Garden Arena in Las Vegas plaasvind. Dit sluit in Rauw Alejandro, Kacey Musgraves, Carlos Santana en Elena Rose. Hierdie sterbelaaide groep sluit aan by die kunstenaars wat reeds aangekondig is, soos die Latynse […]
# Ontbossing het die afgelope dekade wêreldwyd in elke streek afgeneem. Dit is volgens nuwe data van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie. Die data toon die wêreld het die afgelope dekade elke jaar sowat 10,9-miljoen hektaar woude verloor. Woude bedek steeds sowat 4,14-miljard hektaar of ongeveer een derde van die wêreld se totale […]