# Die reispublikasie Lonely Planet’s Best in Travel het die 25 mees gesogte bestemmings om in 2026 te besoek, bekend gemaak. Onder hulle is die Liberdade-distrik in São Paulo, ook genoem “klein Japan” waar anime-geïnspireerde straatkuns en ramen van wêreldgehalte die Japanse erfenis in Brasilië belig. Mexico Stad kry ook groot lof vir sy plekke […]
# Sokker: Banyana Banyana en die Demokratiese Republiek die Kongo het gelykop gespeel in hulle eerste Afrikabeker-kwalifiseerder in Kinshasa. Kgalebane Mohlakoana het Suid-Afrika ʼn voorsprong gegee, maar Ruth Kipoyi Monique het die telling net voor rustyd gelykop gemaak. Nie een span kon in die tweede helfte met ʼn doel slaag nie. Hoewel die uitslag gelykop […]
# Die Groep van Vooraanstaande Persone beoordeel en doen tans gehalteversekering van die benoemings vir die beheerkomitee van die nasionale dialoog voordat voorstelle aan president Cyril Ramaphosa voorgelê word. Die eerste nasionale konvensies in Augustus het die mandaat, verantwoordelikhede en samestelling van die komitee goedgekeur. Daar is ook ooreengekom dat elk van die bepaalde sektore […]
# Sokker: Die 15-malige wenner, Real Madrid, het sy welslae in die Kampioeneliga voortgesit deur Juventus 1-0 te klop danksy Jude Bellingham se doel in die 57ste minuut. Liverpool het sy vier agtereenvolgende nederlae beëindig met ʼn oortuigende sege van 5-1 oor Eintracht Frankfurt. Chelsea het ʼn rooikaart in die 15de minuut gebruik om Ajax […]
# Amerika het sanksies ingestel teen Rosneft en Lukoil, twee van Rusland se grootste oliemaatskappye, omdat Moskou nie ernstig oor vrede met Oekraïne is nie. Volgens die Departement van Finansies sal die sanksies druk op Rusland se energiesektor plaas, verhoed dat die Kremlin geld vind vir sy oorlogsmasjien en om die verswakte ekonomie te ondersteun. […]
# Israel het die Internasionale Geregshof se jongste raadgewende mening verwerp en noem dit ʼn politieke dokument. Die hof sê in sy nie-bindende mening Israel is verplig om die lewering van die Verenigde Nasies en sy instellings se humanitêre hulp in die Gaza-strook te fasiliteer. Die doel is om in die basiese behoeftes van Palestynse […]
# Die Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka het bevind die instelling en ontplooiing van Gauteng se misdaadvoorkomingsbewaarders was onregmatig en ongrondwetlik. Die Openbare Beskermer het haar verslag gisteraand bekendgemaak, ure nadat premier Panyaza Lesufi aangekondig het die bewaarder-eenheid sal geleidelik ontbind word. ʼn Klag deur advokaat Paul Hoffman het tot die ondersoek gelei. Gcaleka het aan […]
The headlines of the leading newspapers on 23 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Today, reports on the testimony before the ad hoc committee and Madlanga Commission like many of the other dailies. # And the Netwerk24 website: Reports stun grenades were fired at protesting parents outside Milnerton High School after another bullying video came […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee sal vandag en môre getuienis van ʼn nuwe getuie, die gewese minister van Polisie, Bheki Cele, aanhoor. Die komitee ondersoek bewerings dat misdadigers Suid-Afrika se wetstoepassing, politiek en privaat ondernemings geïnfiltreer het. Cele sal na verwagting lig werp op die 2019-werkstudie wat ʼn nuwe SAPD-struktuur gestig het sonder die taakspan […]