# Die Gautengse Onderwysdepartement het twee personeellede, ʼn onderwysassistent en ʼn algemene assistent, van sy Basiese Onderwys Indiensnemingsinisiatief in Soshanguve geskors. Dit volg na ʼn voorval waarin ʼn graad 5-leerder van Dimakatso Primary School beseer is. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die werknemers is geskors hangende die uitslag van die ondersoek na die […]
# Krieket: Indië het Nieu-Seeland in Navi Mumbai met 53 lopies geklop volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode en hul plek in die halfeindronde van die Vroue-Wêreldbekertoernooi verseker. Pratika Rawal het haar eerste Wêreldbeker-honderdtal van 122 lopies aangeteken terwyl Smriti Mandhana 109 bygedra het om Indië se telling na 340 vir drie te neem in ‘n reën-ontwrigte wedstryd. […]
# Rugby: Die Bulle- en Springbok-haker Jan-Hendrik Wessels is vir nege wedstryde geskors na ‘n voorval tydens verlede naweek se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Connacht. Connacht se flank, Josh Murphy, het Wessels twee keer geslaan in ‘n losskrum en Wessels later daarvan beskuldig dat hy hom tussen die bene gegryp het. ‘n Tugkomitee het die 24-jarige […]
# President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land sal nie toegewings oor grondgebied aanvaar as deel van vredesonderhandelings met Rusland nie. Moskou wil beheer behou oor die Krim en vier ander streke van Kiëf, waaroor Russiese magte nie volle beheer het nie. Zelensky sê die Russiese bates van honderde miljarde dollars wat die Europese […]
# Die DA in Tshwane sê burgemeester Nasiphi Moya se verduideliking oor die 777-miljoen-rand wat die metro in die 2024/2025-boekjaar aan watertenkwaens bestee het, laat groter vrae ontstaan. Die burgemeester sê die syfer is nie akkuraat nie omdat dit die totale waarde van aankoopbestellings en nie die ware besteding weerspieël nie. Cilliers Brink van die […]
# Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof se raadgewende mening oor Israel se verpligtinge in Gaza verwelkom. In sy niebindende mening sê die hof Israel is verplig om die Verenigde Nasies en sy instellings se lewering van humanitêre hulp in die Gaza-strook te fasiliteer. Die hof het ook bevind Israel het nie sy bewerings oor UNRWA se […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika verwelkom Viëtnam se voorstel om die twee nasies se bilaterale verhouding van ‘n omvattende vennootskap na ‘n strategiese vennootskap te verhef. Die president is op ‘n tweedaagse staatsbesoek aan Viëtnam as deel van ‘n drie-nasie-besoek aan Suidoos-Asië. Suid-Afrika is Viëtnam se grootste handels- en uitvoervennoot in Afrika. Ramaphosa sê […]
# Die hernubare energie-maatskappy Seriti Green verwelkom die bygewerkte 2025 Geïntegreerde Hulpbronprogram en sê dis ʼn groot stap vorentoe. Die program verwag sowat 2,2-duisend-miljard-rand se nuwe beleggings in die energiesektor. Dit sal na verwagting daartoe lei dat windkrag sal toeneem van agt- tot 24-persent teen 2039. Steenkool bly die hoofbron van krag op 27-persent van […]
# Die Verenigde Nasies het die Seville-skuldforum bekend gestel vir regverdiger uitleen, vinniger herstrukturering en ‘n langtermynhervorming van die na-oorlogse finansiële stelsel. Sowat 3,4-miljard mense leef in lande wat meer aan diensskuld as aan gesondheid of opvoeding bestee. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê meer as 60 ontwikkelende lande bestee nou ten minste tien-persent […]