# Motorsport: Die MotoGP-renjaer van Gresini Racing, Alex Marquez, het sy derde oorwinning van die seisoen behaal by die Maleisiese Grand Prix. Die 29-jarige Spanjaard het meer as twee sekondes voor sy landgenoot Pedro Acosta vir Red Bull KTM Racing geëindig, met Honda se Joan Mir in die derde plek. Marquez is nou in die […]
# Motorsport: Lando Norris van McLaren het die voorste wegspringplek vir vandag se Mexikostad Grand Prix behaal, met die kampioenskapleier Oscar Piastri wat slegs agtste gekwalifiseer het. Norris het Charles Leclerc van Ferrari met 0,252 sekondes geklop toe hy onder druk pesteer in die kwalifiserende rondes. Hy het nou ‘n gulde geleentheid om sy agterstand […]
# Krieket: Die Protea-vrouespan het ‘n verpletterende sewe-paaltjie nederlaag teen Australië gely in hul laaste Wêreldbeker-ligawedstryd in Indore, Indië. Die linksdraaibouler Alana King het in ‘n asemrowende prestasie 7 paaltjies vir 18 platgetrek en die Proteas vir slegs 97 uitgehaal. Ondanks Laura Wolvaardt se vroeë aanval, het die middelorde in duie gestort. Australië het die […]
# Oekraïne se Europese bondgenote sê bevrore Russiese bates moet vinnig gebruik word om steun vir Kiëf te befonds. Dit is een van verskeie maatreëls wat in Londen bespreek is om die druk op Vladimir Putin te verhoog. Die Britse premier Keir Starmer het die gesprek met president Volodymyr Zelensky en ander leiers aangebied en […]
# President Nicolás Maduro van Venezuela het die VSA beskuldig dat hulle ‘n nuwe oorlog verklaar, nadat hulle die wêreld se grootste oorlogskip na die Karibiese Eilande gestuur het. Die USS Gerald R Ford kan tot 90 vliegtuie dra, en die ontplooiing daarvan dui op ‘n reusetoename in Amerikaanse gevegskrag in die gebied. Die VSA […]
# Die topgekeurde Italianer, Jannik Sinner het Alexander Bublik van Kazakstan met 6-4, 6-4 getroef om die halfeindronde van die Weense Ope te haal. Sinner sal teen Alex de Minaur te staan kom, wat Matteo Berrettini verslaan het. In die ander halfeindronde wat vandag gespeel word, het die tweede gekeurde Alexander Zverev van Duitsland sy […]
# Motorsport: Duisende motorren-geesdriftiges word verwag om vandag na die eerste Speed Classic Cape Town te stroom, wat die stad se geskiedkundige heuwelren-tradisie op Philip Kgosana-rylaan gaan laat herleef. Tafelberg is vandag die gasheer vir klassieke motor-wedrenne, met meer as 70 seldsame en ikoniese voertuie, insluitend ‘n 1930 Bentley 4.5L, wat teenwoordig gaan wees. Môre […]
# Rugby: Die Glasgow Warriors het gisteraand met 21-12 by Scotstoun oor die Bulle geseëvier om tydelik die eerste plek in die Verenigde Rugbykampioenskap in te neem. Die Bulle het vroeg in die tweede helfte met 12-7 voorgeloop na ‘n drie deur heelagter Willie le Roux. Die wedstryd het egter dramaties in die tweede helfte […]
# Padwedlope: Die wêreldrekordhouer in die marathon vir vroue, Ruth Chepngetich van Kenia, is vir drie jaar geskors nadat sy erken het sy het ‘n verbode middel gebruik. Die 31-jarige is in Julie voorlopig geskors toe die Atletiek-integriteitseenheid ‘n ontwateringsmiddel in haar uriene gevind het in ‘n monster wat in Maart geneem is. Die eenheid […]