# Tennis: Cameron Norrie van Brittanje het Carlos Alcaraz verslaan om die laaste 16 van die Paryse Meesterstoernooi te haal. Dit was Norrie se eerste oorwinning oor die wêreld-nommer-een. Die Spanjaard het die eerste keer deelgeneem nadat hy verlede maand in Tokio sy agtste titel van die seisoen ingepalm het. Daar was ook seges vir […]
The headlines of the leading newspapers on 29 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports higher tax collection is good news for November’s medium-term budget policy statement after two-pot retirement withdrawals increased tax revenue by six-billion-rand. The Revenue Service’s estimate of tax costs currently stands at an increase of 18-billion-rand. # And the Netwerk24 website: […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 29 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig hoër belastinginvordering is goeie nuus vir November se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring nadat twee-pot-aftree-onttrekkings die belastinginkomste met ses-miljard-rand verhoog het. Die Inkomstediens se skatting op belastingkoste staan tans op ‘n styging van 18-miljard-rand. # En die Netwerk24-webblad: Berig eerstens oor die Nada-Jane-moordsaak. […]
# Die Nasionale Vergadering het ʼn mosie goedgekeur om drie kandidate aan te beveel vir aanstelling as kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Verkiesingskommissie. Die benoemdes is Joyce Pitso, regter Dhana Pillay en Mosotho Moepya. Die Parlement sê die aanstellingsproses is ontwerp om deursigtigheid en integriteit te verseker. Die name sal aan president Cyril Ramaphosa gestuur word. […]
# Sokker: Banyana Banyana het hulle plek in volgende jaar se Afrikabekertoernooi vir Vroue bespreek toe hulle die Demokratiese Republiek die Kongo in Soweto 1-0 geklop het in die tweede kragmeting van hulle kwalifiseerder. Verlede week se eerste kragmeting in Kinshasa het gelykop geëindig met een-elk. Thembi Kgatlana se doel in die tweede helfte het […]
# Orkaan Melissa is op pad na die ooste van Kuba nadat dit oor Jamaika beweeg het. Dis die ergste storm in moderne geskiedenis wat dié Karibiese nasie tref. Dit het afgeneem tot ʼn kategorie 3-storm, maar sal na verwagting steeds winde van tot 125 kilometer per uur bereik. Melissa het sewe sterftes veroorsaak: drie in […]
# Krieket: Suid-Afrika het Pakistan met 55 lopies verslaan in die eerste T20 in Rawalpindi. Reeza Hendricks het 60 van 40 balle bygedra en die Proteas het 194 vir nege in hul 20 boulbeurte aangeteken. Corbin Bosch het daarna die beste boul-vertoning van sy loopbaan gelewer. Hy het vier paaltjies platgetrek en is deur George Linde […]
# Die National Coloured Congress-parlementslid, Fadiel Adams, het ʼn klag van meineed ingedien teen KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Dit hou verband met Mkhwanazi se getuienis in die Parlement, waarin hy beweer het die gewese Polisieminister, Bheki Cele, het bankbesonderhede laat uitlek aan Vusimuzi ‘Cat’ Matlala, wat van poging tot moord beskuldig word. Hy het […]
# Die Amerikaanse weermag het op vier bote toegeslaan wat vermoedelik dwelms in die oostelike Stille Oseaan vervoer het. Veertien mense is dood en een het oorleef. Die minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê intelligensie was bewus van die bote wat op bekende dwelmhandelroetes gevaar het met dwelms aan boord. Die jongste operasie bring die […]