Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 30 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die voormalige bestuurshoof van Eskom, Tshediso Matona het breëbasis swart ekonomiese bemagtiging tydens ‘n spitsberaad verdedig en die belangrikheid daarvan vir ekonomiese groei en die herstel van die waardigheid van swart mense beklemtoon. # En die Netwerk24-webblad: Berig die […]
# Die SABC sê hy het ʼn lewensvatbare befondsingsmodel nodig om finansieel bestendig te bly. Die openbare uitsaaier het in die 2024/2025-boekjaar ʼn netto verlies van 253,3-miljoen-rand aangeteken wat 28-persent meer is as die vorige jaar se 197,8-miljoen-rand. Die huidige befondsingsmodel maak hoofsaaklik staat op TV-lisensies en advertensies. Die SABC-voorsitter, Khathutshelo Ramukumba, het aan die parlementêre […]
# Die Parys-aanklaer se kantoor sê die twee verdagtes wat gearresteer is in verband met die diefstal van kroonjuwele uit die Louvre se Apollo-galery, het erken dat hulle by die rooftog betrokke was. Agt kosbare skatte met ʼn geraamde waarde van 1,2-miljard-rand is twee weke gelede helderoordag uit die wêreld se gewildste museum gesteel deur […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Switserland kan bewys ekonomiese groei en voogdyskap oor die omgewing is bondgenote en nie vyande nie. Switserland is een van Suid-Afrika se hoof-handelsvennote en ʼn belangrike bron van regstreekse buitelandse belegging. Ramaphosa het gister as deel van sy staatsbesoek aan Switserland die Parlement toegespreek. Hy sê die twee […]
# President Cyril Ramaphosa sê die 30-persent tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere gehef het, het die land genoop om sy handelsomvang te diversifiseer. Die president is op ʼn tweedaagse staatsbesoek aan Switserland. Die land is een van Suid-Afrika se belangrikste Europese handelsvennote met ʼn handelsvolume van 18,2-miljard-rand in 2024. Ramaphosa sê die regering hoop […]
# Krieket: Kaptein Laura Wolvaardt het ‘n meesterlike kolfvertoning gelewer toe Suid-Afrika Engeland in Guwahati met 125 lopies geklop het om hul eerste eindstryd van ‘n eendag-Wêreldbekertoernooi te haal. Wolvaardt het 169 lopies gemoker, die hoogste telling ooit vir ‘n Suid-Afrikaner in ‘n Wêreldbekertoernooi, en die Proteas het ‘n indrukwekkende 319 vir sewe aangeteken. Marizanne […]
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die Nasionale Tesourie vir 7,6-miljard-rand oor die volgende drie jaar gevra. Dit is buiten die bykomende 3,5-miljard-rand wat dit vir die huidige boekjaar ontvang het. Die diens se finansiële hoof, Schalk Human, het aan die Parlement se staande komitee oor Finansies gesê die 7,6-miljard-rand is om die tekort in sy […]
# Die Departement van Elektrisiteit en Energie het die versoek vir voorstelle vir die eerste verkryging van twee-duisend megawatt gas-na-krag gewysig. Dit volg na verskeie vrae deur moontlike bieërs, insluitend oor die lasfaktor-grense. Die wysiging volg na die goedkeuring van die bygewerkte Geïntegreerde Hulpbronplan wat in die tydperk tot 2030 die byvoeging van ses-duisend megawatt […]
# Minstens 64 mense insluitend vier polisiebeamptes, is dood in Rio de Janeiro se dodelikste polisie-optrede teen die Rooi Kommando-bende in Brasilië. Sowat twee-duisend-500 swaar gewapende beamptes was deel van Operation Containment, waarin meer as 80 mense gearresteer is. Rio de Janeiro-staat se goewerneur, Cláudio Castro, sê polisie het beslag gelê op ʼn groot hoeveelheid […]