# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het konsep-verslagdoeningsregulasies vir openbare kommentaar gepubliseer. Die nuwe reëls is ontwerp om aanspreeklikheid te versterk, deursigtigheid te verbeter en vroeër ingryping in universiteitsbestuur moontlik te maak. Dit volg na onlangse betogings by die Universiteit van Fort Hare en die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. […]
# Israel sê hy het via die Rooi Kruis in Gaza die oorskot ontvang van wat Hamas beweer nog twee oorlede gyselaars is. Die liggame is vermoedelik die van Amiram Cooper en Sahar Baruch. Indien dit deur identifikasie bevestig word, is daar nog elf liggame wat in Gaza oorbly. Die oordrag van die oorskot kom […]
# Rugby: Die Springbok- en Bulle-stut, Jan-Hendrik Wessels, se appèl teen sy skorsing van nege weke het misluk, maar dis wel met een wedstryd verkort. Hy is gestraf nadat Connacht se flank, Josh Murphy, hom beskuldig het dat hy hom twee weke gelede betas het tydens ʼn Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd. ʼn VRK-appèlpaneel het bevind die tugpaneel […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie veroordeel die moord op meer as 460 pasiënte en ontvoering van ses gesondheidswerkers by die Saudi-kraaminrigting in El Fasher, Soedan. Die WGO het voor die jongste aanval reeds 185 aanvalle op gesondheidsorgfasiliteite in Soedan bevestig sedert die konflik in April 2023 begin het. In dié tydperk is een-duisend-204 pasiënte en personeellede dood […]
# Tennis: Die wêreld se nommer twee speler Jannik Sinner is deur na die laaste 16 van die Parys Meesters. Die Italianer het Zizou Bergs van België geklop om sy toernooi-vlak oorwinnings op harde binnenshuise bane tot 22 op te skuif. Sinner sal nou teen Francisco Cerundolo van Argentinië te staan kom wat die Serwiër, […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê dis hoog tyd dat kontrakteurs wat nie hul werk doen nie en ongestraf bly, aanspreeklik gehou word. Die minister het gister die Suid-Afrikaanse Konstruksie-aksieplan bekendgestel om onvoltooide bouprojekte af te handel en aanspreeklikheid in die Openbare Werke en Infrastruktuur-sektor te herstel. Die sespuntplan sluit […]
# Die dodetal styg steeds waar Orkaan Melissa ‘n pad van vernietiging in die Karibiese eilande gelaat het. Orkaan Melissa, nou ‘n Kategorie 1 storm, spoed deur die Bahamas met gepaardgaande swaar reën en verwoestende winde. Die owerheid in Jamaika het vier lyke gevind en ten minste 23 mense, tien van hulle kinders, is in […]
The headlines of the leading newspapers on 30 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports former Eskom CEO Tshediso Matona defended broad-based black economic empowerment at a summit, stressing its importance for economic growth and restoring the dignity of black people. # And the Netwerk24 website: Reports UN Special Rapporteur on Palestinian Territories, Francesca Albanese, […]
# Die Regering van Nasionale Eenheid se Geskiloplossingsmeganisme het sy opdrag aanvaar na ʼn vergadering onder voorsitterskap van adjunkpresident Paul Mashatile. President Cyril Ramaphosa het in 2024 die stigting van die meganisme aangekondig om beleidsgeskille onder die RNE se tien lede op te los. Die Presidensie sê die meganisme het ingestem dat voldoende konsensus slegs […]