Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 31 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die motorbedryf en Numsa se laaste poging om hul dooiepunt te beëindig, het misluk. Die vakbond soek ‘n loonaanbod bo inflasie, maar die motorvervaardigers sê hulle wil mededingendheid en die bewaring van poste balanseer. # Mail & Guardian op […]
# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê mosies van wantroue word in die Stad Johannesburg misbruik omdat dit nie gereguleer word nie. Burgemeester Dada Morero se vennote in die regering van plaaslike eenheid oorweeg ʼn mosie van wantroue in hom. Maimane sê daar moet ʼn wet op plaaslike regeringsvlak wees wat bepaal […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, is die eerste keer deur na die Paryse Meesters se kwarteindronde. Die Italianer het Francisco Cerundolo van Argentinië geklop en is steeds op koers om weer nommer een te word. Sinner kom teen Ben Shelton te staan nadat die Amerikaner met die Rus Andrey Rublev afgereken het. Die verdedigende […]
# President Donald Trump se administrasie het ʼn aansienlike perk van sewe-duisend-500 aangekondig op die getal vlugtelinge wat jaarliks in Amerika toegelaat gaan word. Wit Afrikaners uit Suid-Afrika en ander slagoffers van onwettige of onregverdige diskriminasie in hul onderskeie lande sal voorkeur kry. Dis ʼn dramatiese besnoeiing van die vorige perk van 125-duisend wat oudpresident […]
# Die vakbond Numsa ruk vandag op na die kantoor van die Nasionale Tesourie in Pretoria. Die vakbond eis dat die regering ophou sake doen met sekuriteitsmaatskappye wat nie kollektiewe ooreenkomste nakom nie. Numsa se nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hierdie maatskappye sluit Modise Security, Mjayeli Security, Kya Guard Security en Urban Ithuba Security in:
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê daar sal in die 2025/2026- en 2026/2027-boekjaar geen vermindering van onderwysposte in enige openbare skool in die provinsie wees nie. Volgens Solidariteit Onderwysersnetwerk maak volgende jaar se subsidie-besnoeiing van 66-persent by kwintiel 5-skole dit toenemend moeilik om onderwysers te behou, klasgroottes te beheer en noodsaaklike ondersteuningstrukture te onderhou. Die departement […]
# Krieket: Die mede-gasvrouland, Indië, het die verdedigende kampioen, Australië, in Navi Mumbai met vyf paaltjies verslaan om die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi te berek. Die 22-jarige Phoebe Litchfield het gespog met 119 lopies en die jongste speler geword wat ʼn honderdtal in ʼn Wêreldbekertoernooi behaal. Australië is uitgeboul vir 338, waarna die speler van […]
# Die adjunkminister in die Presidensie, Kenny Morolong, sê Suid-Afrika se G20-presidentskap gaan nie net oor globale sigbaarheid of aansien nie, maar om die agenda van wêreldwye samewerking in lyn te bring met gemeenskappe se prioriteite. Die G20-beraad vind in November in Johannesburg plaas. Morolong sê Suid-Afrika se G20-presidentskap het verskeie fokusareas, onder meer die hervorming […]
# Die Verenigde Nasies sê die oorlog in Soedan kom neer op versuim om internasionale reg te beskerm. Soedannese rebelle het regeringsmagte uit El Fasher verdryf wat die laaste vesting van die land se regime in die westelike Darfoer-streek was. Na raming is meer as 150-duisend mense weens die konflik dood. Die VN-noodlenigingshoof, Tom Fletcher, […]