# Build One South Africa versoek die regering om die begroting van twee-miljard-rand vir BBP-beskerming van politici te skrap en dit te gebruik om meer onderwysers, verpleegsters en polisielede aan te stel. BOSA-woordvoerder, Roger Solomons, waarsku voor môre se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring dat Suid-Afrika stadige groei, hoë skuld en erger werkloosheid veral onder jongmense gaan beleef. Hy […]
# Die Organisasie teen belastingmisbruik, sê die regering se besluit om die boetestelsel vir die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe tot Julie volgende jaar uit te stel, toon dat die werklike probleem nie motoriste is nie, maar chaos binne die staat. Munisipaliteite wil onttrek omdat die stelsel duur en ondoeltreffend is. Die uitvoerende hoof van OUTA, […]
# Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika sê Suid-Afrikaanse sitrusuitvoere het vanjaar met 22-persent tot rekordvlakke gestyg danksy hoër vraag, gunstige weer en nuwe bome wat begin produseer. Die vereniging sê die rekordseisoen is gekenmerk deur vraag in oorsese markte na lemoen- en suurlemoen-sapvrugte. Die uitvoerende hoof, Boitshoko Ntshabele, sê hulle is steeds baie bekommerd oor die […]
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, het bevestig dat sy vertroulike intelligensie ontvang het oor pogings om die Nasionale Vervolgingsgesag te infiltreer. Batohi het voor die parlementêre ad hoc-komitee getuig dat sy die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, en president Cyril Ramaphosa ingelig het nadat sy deur ‘n intelligensie-agentskap gewaarsku is. Sy […]
# ‘n Wetsontwerp wat die doodstraf vir terroriste voorstel, het die eerste stemming in Israel se Parlement geslaag. Dit kan van toepassing wees op Palestyne wat skuldig bevind is aan dodelike aanvalle op Israelse burgers. Dit is geëis deur die verregse minister van Nasionale Veiligheid, Itamar Ben Gvir, en deur die Nasionale Veiligheidskomitee goedgekeur. Dit […]
# Die uitvoerende hoof van die Nelson Mandelabaai Sakekamer, Denise van Huyssteen, sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het môre in sy mediumtermyn-begroting die geleentheid om Suid-Afrika se ekonomiese potensiaal te ontsluit deur klein sake-ondernemings te ondersteun. Van Huyssteen sê mikro-, klein en mediumgrootte ondernemings verteenwoordig 90-persent van formele ondernemings, maar word deur burokrasie, […]
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê Solidariteit se banier op die M1-snelweg in Johannesburg is rassensitief en kan die land en die provinsie se beeld skaad voor die G20-beraad. Die banier is verwyder na ‘n opdrag deur Lesufi, met stadsamptenare wat vinnig opgetree het. Solidariteit het die stap gekritiseer as onwettige sensuur en dring […]
# Die adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Julius Mkhwanazi, is met onmiddelike ingang geskors. Dit volg op verskeie getuienisse voor die Madlanga-kommissie wat Mkhwanazi verbind met beweerde korrupte transaksies. Dit sluit in die magtiging van blouligvoorregte vir die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en die toekenning van tenders sonder die voorgeskrewe prosesse.
# Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal effens gedaal tot 31,9-persent vanaf 33,2-persent in die tweede kwartaal. Statistieke Suid-Afrika sê die aantal werklose mense het van Julie tot September tot agt-miljoen gedaal vanaf 8,3-miljoen van April tot Junie. Ses van die tien nywerhede wat die agentskap monitor, het toenames in indiensneming aangeteken, […]