# Israel het vandag nog teikens in Libanon gebombardeer, wat die skietstilstand in die Midde-Ooste verder in gevaar stel nadat sy hewige aanvalle reeds meer as 250 lewens geëis het. Iranse onderhandelaars gaan na verwagting later vandag na Pakistan vertrek vir die eerste vredesgesprekke in die oorlog, waar hulle Saterdag ‘n afvaardiging onder leiding van […]
# Motorsport: Red Bull’s leading engineer, Gianpiero Lambiase, announced his decision to move to McLaren in 2028. The Briton, who is well-known as four-time Formula One world champion Max Verstappen’s engineer, will join McLaren in a supporting role for team principal Andrea Stella. Lambiase will become the third senior Red Bull figure to move to […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, waarsku die konsep-Verklikkerswetsontwerp maak voorsiening dat ‘n verklikker se beskerming herroep kan word indien dit oneerlik aangewend of die stelsel misbruik word. Sy het gepraat tydens die wetsontwerp se vrystelling vir openbare kommentaar, wat tot 14 Mei oop is. Kubayi sê vergelding word verbied en […]
# Pous Leo vertrek Maandag op ‘n besoek van tien dae aan vier Afrikalande om aandag te gee aan die behoeftes van die vasteland waarop meer as ‘n vyfde van die wêreld se Katolieke woon. Dis sy eerste groot oorsese besoek vanjaar. Die pous sal byna 18-duisend kilometer reis deur elf stede en dorpe in […]
# Die Openbare Beleggingskorporasie het aangekondig dat hy 2,7-miljard-rand in die Waterfall City-ontwikkeling in Midrand, Gauteng, belê het. Die voorsitter, David Masondo, het tydens ‘n oorsigbesoek die gemengde gebruiksontwikkeling beskryf as ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n hoëgehalte-, langtermynbelegging in Suid-Afrika se stedelike toekoms, wat net minder as 23-duisend werksgeleenthede onderhou. Hy beklemtoon dit is deel […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die Wetsontwerp op Beskermde Openbaarmaking sal die staatsbeskerming vir verklikkers uitbrei, insluitend hervestiging, identiteitsbeskerming en veiligheidsmaatreëls. Sy het tydens die bekendstelling van die konsepwetsontwerp gesê die rol van getuiebeskermingseenhede word uitgebrei en toegang tot regshulp op staatskoste word aangebied. Sy het ook ‘n nuwe […]
# Volkswagen-groep Afrika het die vervaardiging van sy 500-duisendste Polo vir die uitvoermark aangekondig. Die ysblou voertuig met regterhandstuur is op die Kariega-aanleg se produksielyn in die Oos-Kaap vervaardig en is bestem vir Brittanje, een van die groep se belangrikste uitvoermarkte. Die huidige model is vanaf 2021 in produksie op die aanleg. Dit neem gemiddeld […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, waarsku militêre lugaanvalle sal hewiger as ooit tevore wees indien ‘n ooreenkoms met Iran nie bereik word tydens die naweek se gesprekke in Islamabad, Pakistan, nie. Teheran beskuldig Amerika en Israel dat hulle die skietstilstand geskend het toe Israel gister ‘n grootskaalse lugaanval teen Libanon geloods het waarin byna […]
# Sowat ‘n duisend leerders van die Lilanga High School in Diepdale, Mpumalanga, deel twee oorvol puttoilette, wat ernstige gesondheids- en waardigheidskwessies veroorsaak. Die probleem bestaan reeds jare en duur voort ondanks die 1,6-miljoen-rand wat in 2020 toegewys is vir opgraderings, wat nooit gedoen is nie. Kenners sê swak beplanning en onderbefondsing vertraag sanitasieverbeterings. Leerders […]