# Noord-Korea het in sy jongste wapentoets ‘n kortafstand-ballistiese missiel in die see oos van die Koreaanse Skiereiland afgevuur. Suid-Korea se Weermag sê toesig is verskerp en hy werk ten nouste saam met Amerika en Japan om enige verdere optrede dop te hou. Die toets volg op ‘n reeks missiel- en artillerie-oefeninge deur Pjongjang en […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het tweedekeuse-spelers verseker hulle is steeds deel van sy planne voor die Rugby’s Greatest Rivalry-toetsreeks teen Nieu-Seeland. Hy sê Saterdag se toets teen Argentinië gaan daaroor om momentum te bou, prestasie te verbeter en terugkerende spelers waardevolle wedstryd-tyd te gee na beserings. Erasmus sê tweedekeuse-spelers hoef hulself nie te bewys […]
# ‘n Voormalige krieketkaptein van Bangladesj, Shakib Al Hasan, se familiehuis is aangeval nadat hy saam met voormalige premier Sheikh Hasina aan ‘n aanlyn mediageleentheid deelgeneem het. Die polisie sê betogers het vensters gebreek en petrolbomme na die onbewoonde huis gegooi, wat ‘n brand veroorsaak het, Niemand is in die voorval beseer nie. Hasina het […]
# Brandbestryders in die staat Washington, is in ‘n wedloop om verwoestende veldbrande naby Spokane te beheer, met nog buitengewone hitte en sterk wind wat dreig om toestande te vererger. Honderde geboue is vernietig en tien-duisende inwoners is steeds dakloos. Weervoorspellers waarsku temperature gaan styg tot die hoë 30-grade Celsius, wat die risiko van nuwe […]
# Oekraïne se president, Volodimir Zelenski, sê die land se weermag het twee Russiese olieraffinaderye in langafstand-aanvalle getref. Raffinaderye in Basjkortostan en Jaroslawl is getref, en digte wolke swart rook is bo die stede gesien. Russiese amptenare sê 93 hommeltuie is vernietig, maar vallende wrakstukke het olietenks getref. Die Russiese Weermag sê hy het 605 […]
# Die EFF-leier, Julius Malema, het ‘n hewige woordewisseling ontketen tydens ‘n sitting van die Parlement se ampsklagkomitee toe hy die ANC-LP Cameron Dugmore van rassisme en wit meerderwaardigheid beskuldig. Dit volg nadat Dugmore Malema tereggewys het omdat hy die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, op haar voornaam aangespreek het, wat volgens hom nie […]
# Die Suid-Koreaanse president, Lee Jae Myung, het ‘n omvangryke regeringsreaksie gelas met ‘n rekordhittegolf wat die land steeds teister. Temperature in Seoel sou na verwagting vandag 39 grade Celsius bereik het, met die dodetal weens hitteverwante siektes wat tot minstens 21 gestyg het. Lee het owerhede beveel om alle beskikbare hulpbronne in te span, […]
# Die hoof van ondersoeke van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Matthews Sesoko, het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het die voormalige hoof, Andrea Johnson, gewaarsku oor die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se personeelhoof, Cedric Nkabinde. Sesoko sê hy was bekommerd oor wat hy Nkabinde se oneerlike gedrag noem. Hy beklemtoon ‘n geskiedenis van onbetroubare […]
# Rugby: SuperSport het die uitsaairegte bekom vir Rugby’s Greatest Rivalry, wat beteken Suid-Afrikaanse ondersteuners sal elke wedstryd van die geskiedkundige reeks tussen die Springbokke en die All Blacks regstreeks op DStv en GOtv kan kyk. Die ooreenkoms dek al vier toetse asook die wedstryde tussen die All Blacks en die Stormers, die Haaie, die […]