# Krieket: Engeland se voorste paaltjie-nemer, James Anderson, gaan blykbaar uittree nadat Lancashire besluit het om nie sy kontrak vir volgende seisoen te hernu nie. Die 44-jarige het ʼn seisoen-kontrak van die klub van sy jeug gehad sedert hy in 2024 uit die nasionale span getree het. Anderson was vanjaar Lancashire se kaptein en het 50 paaltjies laat kantel. Indien hy uittree, verlaat hy die spel met een-duisend-193 eersterangse paaltjies, wat hom een van die suksesvolste snelboulers in die geskiedenis maak.
Krieket: James Anderson tree blykbaar uit nadat Lancashire-kontrak nie hernu is nie