# Business Leadership South Africa sê die ekonomie se 0,2-persent-daling tussen April en Junie is ‘n skerp herinnering aan Suid-Afrika se brose ekonomie. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê swak belegging bly ‘n groot uitdaging. Vaste belegging staan tans op 13,6-persent van die bruto binnelandse produk, terwyl die regering en staatsbeheerde ondernemings nie […]
# Citizens and Activists Forum eis die afdanking van die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, ná beweerde onbehoorlike gedrag tydens inwoners-vergaderings. Woordvoerder Dennis Bloem sê Morero het glo ‘n inwoner van Soweto beledig en Majodina het na bewering op ‘n gestremde inwoner geskree en kru taal […]
# Swede se sentrum-linkse opposisie het ‘n geringe voorsprong in die parlementsverkiesing, maar die uitslag is nog onvoorspelbaar. Die groepering van die sosiaal-demokratiese Magdalena Andersson sal na verwagting 176 setels wen en die regse groepering van premier Ulf Kristersson 173. Sekere stemme, insluitend dié wat in die buiteland uitgebring is, word nog getel. Andersson sê […]
# ‘n Sakeman van Tshwane, Lucas Legabe, is 50-duisend-rand borgtog in die Landdroshof in Port Shepstone, KwaZulu-Natal toegestaan. Hy was na bewering deel van ‘n groep wat in 2021 by die Valke se kantore ingebreek en 541-kilogram kokaïen van sowat 216-miljoen-rand gesteel het. Die 49-jarige staan tereg op aanklag van huisbraak en dwelmhandel. Legabe is […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Vervoer, Isaac Sileku, het sy meegevoel betuig met die naasbestaandes van 21 mense wat dood is in ‘n botsing op die N1 tussen Prins Albertweg en Leeu-Gama. Die LUR vir Gesondheid en Welstand, Mireille Wenger, sê ook sy hou die gesinne in haar gedagtes. Sileku, wat die toneel vanoggend besoek […]
# Oudpresident Kgalema Motlanthe sê Suid-Afrika moet sy demokratiese proses ten volle verwesenlik, met grondhervorming wat steeds ‘n kernvraag is. Hy het op die tweede Professor Stan Sangweni-gedenklesing in Pretoria besin oor Sangweni se kommer rakende die onvoltooide taak van ekonomiese bevryding. Hy moedig jonger geslagte aan om transformasie voort te sit en beklemtoon Sangweni […]
# Rugby: Die Wallabies-afrigter Les Kiss het ‘n groep van 34 spelers aangekondig vir die 27ste se eenmalige toets teen die Springbokke in Perth, met die verrassende terugkeer van Jordan Petaia. Die veelsydige agterspeler het laas in 2023 in die Wêreldbeker-toernooi vir Australië uitgedraf. Die losskakel Harry McLaughlin-Phillips is opgeroep vir sy moontlike eerste toets […]
# Sokker: Die pas-herverkose president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, sê hulle steun FIFA se president, Gianni Infantino, voor die verkiesing in Maart volgende jaar. Infantino het onder skoot gekom oor sy mislukte plan om aandele in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop. Die Europese liggaam UEFA is besig met strafregtelike stappe teen […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het sedert vroeg hierdie maand geen verdere berigte van sardyn-vrektes ontvang nie. Wydverspreide vrektes onder die vis is langs die Suid-Afrikaanse en Namibiese kus aangemeld. ‘n Woordvoerder, Zolile Nqayi, sê die volgehoue hoë vlakke van die sardyn-herpesvirus in die vis – insluitend monsters van die Wes- […]