Skip to content

Sokker: CAF herstel AFCON tot sy tradisionele tweejaarsiklus

# Sokker: Afrika se beheerliggaam, CAF, het bevestig dat die Afrikabeker-toernooi na ‘n tweejaar-siklus terugkeer en sodoende sy vorige besluit omgekeer om die toernooi elke vier jaar te hou. Dit word sedert 1968 elke twee jaar gehou, met die uitsondering van ‘n onderbreking van net een jaar tussen die toernooie van 2012 en 2013. CAF se president, Patrice Motsepe, sê die besluit beskerm die belange van Afrika-sokker en gee die voorgestelde Afrika-nasiesliga meer tyd om te ontwikkel. Die volgende toernooi vind volgende jaar in Kenia, Tanzanië en Uganda plaas.