# Die Kommissie vir Geslagsgelykheid vra dringende optrede nadat ses vroue se liggame die afgelope twee maande in Ekurhuleni aan die Oos-Rand gevind is. Woordvoerder Javu Baloyi sê vroue behoort nie hul leefwyse aan te pas of vryheid in te perk om veilig te voel nie. Die kommissie vra ‘n onmiddellike veiligheidsoudit wat die polisie, […]
# President Cyril Ramaphosa sê alles sal in die stryd gewerp word om die onlangse moorde op vroue in en om Kemptonpark in Gauteng op te los. Hy het sy meegevoel met die gesinne betuig en gesê dit veroorsaak vrees, veral onder vroue. Ramaphosa sê wetstoepassingsagentskappe probeer dringend om die feite vas te stel en […]
# Die Departement van Binnelandse Sake sê 278 mense wat voor die vlugtelingkantoor in Durban in KwaZulu-Natal kamp, verskuif vandag na die Lindela-repatriasiesentrum in Krugersdorp, Gauteng. Die groep woon reeds drie maande in tente langs Che Guevaraweg nadat hul tydens teen-immigrasie-betogings gevlug het. Die besluit volg ná ‘n week van spanning met die March and […]
# Die Gautengse polisie het bevestig die liggaam van ‘n sesde vrou is vanoggend aan die Oos-rand gevind. Die omstandighede rondom haar dood is nog onduidelik. Die jongste ontdekking in KwaThema volg op die dood van vyf vroue wie se liggame sedert Julie in Kemptonpark ontdek is, insluitend dié van ‘n vrou gister in Olifantsfontein. […]
# Tennis: Italian Jannik Sinner has announced a demanding schedule to end the year as world number one. Alexander Zverev of Germany closed the gap on him when winning the US Open, as a knee problem kept Sinner out of the entire North American hard court swing. Sinner plans to play in several tournaments before […]
# Vandag is Internasionale Dag vir Demokrasie met die tema “Fokus op Menseregte”. Volgens die Economist Intelligence Unit Democracy Index is daar ‘n mate van demokratiese klassifikasie in ongeveer 165 lande en gebiede. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dis belangrik om mense uit alle gemeenskappe bymekaar te bring om besluitneming te verryk, […]
# Rugby: Former Irish flyhalf Ronan O’Gara will stay on as coach of French outfit La Rochelle until 2031. His current contract expires at the end of this season. The 49-year-old had previously been linked to a move to international rugby, but says he and his family are very happy to continue their adventure in […]
# Motorsport: Die organiseerders van die Formule Een Spaanse Grand Prix is gereed om die nuwe Madring-renbaan vir volgende jaar te verander ná die afgelope naweek se openingswedren. Renjaers het gekla oor die gebrek aan verbysteek-geleenthede, terwyl toeskouers op sosiale media ook krities was oor toegang tot die terrein en geriewe. Die Madring se besturende […]
# Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, sê die vakbondfederasie COSATU moet tydens sy 15de nasionale kongres werk aan oplossings vir sy interne probleme. Die kongres in Midrand, Johannesburg, het gister in chaos verval na die skorsing van adjunkpresident Mike Shingange. NEHAWU het sy steun onttrek vir Shingange, wat sy president is, terwyl NUM, […]