# Naamsa het aangekondig Suid-Afrika se nuwe voertuigmark het verlede maand sy opwaartse neiging voortgesit, ondersteun deur dalende inflasie, ‘n stewiger rand, voortgesette tekens van verbeterende verbruiker-sentiment en vraagherstel in belangrike uitvoermarkte. Algehele binnelandse nuwe voertuigverkope het verlede maand tot meer as 55-duisend-900 eenhede gestyg, die hoogste maandsyfer sedert Maart 2015. Dit het gestyg met […]
# Die Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie het die binnelandse afslag op ysterhoudende skroot van 30- tot 25-persent verminder. Hoofkommissaris Ayabonga Cawe sê die beskeie veranderinge aan Suid-Afrika se skrootmetaalprysstelsel volg na 13 maande van hersiening en wil mededingende belange in die sektor balanseer. Cawe sê die uitvoerbelasting van 20-persent bly steeds van krag. Rolspelers in […]
# Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, het bevestig ‘n senior staatsaanklaer het gewaarsku oor dreigemente teen getuies in die moord op ‘n ingenieur van Vereeniging, Armand Swart. Hy is 23 keer geskiet toe hy vermoedelik vir iemand anders aangesien is. Khumalo het aan die Madlanga-kommissie gesê die aanklaer het dringende beskerming vir Getuies A […]
# Krieket: Die Protea-kolwer Dewald Brevis gaan die drie eendagwedstryde teen Pakistan in Faisalabad misloop nadat hy ‘n spier in sy skouer verstuit het. Hy is beseer tydens Saterdag se laaste T20 in Lahore, wat die gashere gewen het om die reeks 2-1 te beklink. Die 22-jarige Brevis gaan sy rehabilitasie onder die mediese span […]
# Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, het voor die Madlanga-kommissie onthul die ondersoek na die moord op ‘n werknemer van Q-Tech, Armand Swart, in Vereeniging, het diep misdadige infiltrasie binne die polisie ontbloot. Khumalo sê vermeende huurmoordenaars, insluitend ‘n adjudant-offisier, is ure na die moord in hegtenis geneem. Hy het onthul sindikate werf nou […]
# Cricket: Proteas batter Dewald Brevis will miss the three one-day matches against Pakistan in Faisalabad after sustaining a muscle strain in the shoulder. He was injured during Saturday’s final T20 in Lahore, which the hosts won to clinch the series 2-1. Twenty-two-year-old Brevis will undergo rehabilitation with the medical team, while Cricket South Africa […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is reg bewys nadat onthullings in die Parlement se ad hoc-komitee bevestig het albei adjunk-ministers van Polisie het sedert Junie verlede jaar geen amptelike pligte gehad nie, maar elkeen verdien steeds meer as 2,2-miljoen-rand per jaar. Die vakbond het die 300-miljoen-rand veroordeel wat jaarliks aan 43 adjunkministers bestee […]
# Atletiek: Die Wêreld-binnenshuise Toer spog volgende jaar met ‘n rekordkalender van 77 byeenkomste in 24 lande. Die toer word op vier vlakke aangebied: Goud, wat die hoogste prysgeld aanbied, Silwer, Brons en Uitdager. Daar sal agt Goudvlak-byeenkomste wees, met die eerste een op 24 Januarie in Boston, Amerika, en die laaste een op 22 […]
# ‘n Oekraïnse hommeltuigaanval het die Sterlitamak-petrochemiese aanleg diep in Rusland beskadig, wat tot die gedeeltelike instorting van ‘n watersuiweringsaanleg gelei het. Niemand is beseer nie. Streeksowerhede sê die aanleg in die Bashkortostan-streek, ongeveer een-duisend-500 kilometer van die Oekraïnse grens in die Oeralgebergtes, kon sonder onderbreking met sy werksaamhede voortgaan. Twee hommeltuie wat in die […]