# Die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo het teleurstelling uitgespreek oor die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde en sê die besluit is nie genoegsaam gekonsulteer of gekoördineer nie. Sy het tydens die parlementêre ad hoc-komitee se sitting oor infiltrasie in die strafregstelsel gesê sy glo adjunkministers moes betrokke gewees het. Sy sê sy […]
# Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta verwelkom die Hooggeregshof in Johannesburg se verbod op Operation Dudula om buitelanders te teister of hulle identiteitsdokumente onwettig te eis. Hy beskryf die uitspraak as ‘n oorwinning vir menseregte, die Grondwet en die oppergesag van die reg omdat dit weerlose gemeenskappe en leerders beskerm. Makaneta vra Suid-Afrikaners om ander se […]
# Die voormalige Engelse sokkerkaptein en sterspeler van Manchester United, David Beckham, is nou vereer vir sy dienste aan sport en liefdadigheid toe koning Charles hom tydens ‘n inhuldigingseremonie in Windsor-kasteel tot ridder geslaan het. Sir David het in noordoos-Londen grootgeword, 115 wedstryde vir Engeland gespeel, waarvan 59 as kaptein, en 17 doele vir sy […]
# Russiese magte versterk die omsluiting van Oekraïense magte in die stad Pokrovsk. Hulle probeer al langer as ‘n jaar die vervoer- en logistieke sentrum verower. Moskou se Ministerie van Verdediging sê sy soldate het Oekraïense soldate uit 35 geboue ontruim. Russiese magte oefen ook druk uit op omsingelde Oekraïense magte naby die dorp Kupiansk […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê die matriekeksamen vorder glad sonder enige groot ontwrigtings. Die departement het die matrieks geprys vir hul dissipline en hulle gevra om te hou by die Nasionale Senior Sertifikaat-belofte van eerlikheid en integriteit. Woordvoerder Steve Mabona het leerders weereens gewaarsku om nie selfone of afskryfnotas na eksamensentrums te neem nie, en […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die organisasie Operation Dudula verbied om ID’s van privaat persone te eis by gesondheidsinrigtings. Sy lede word verbied om buitelanders te intimideer, te teister of aan te rand, haatspraak te uiter, in te meng met toegang tot gesondheidsorg, skole of sake-ondernemings, of hulle onwettig te verwyder van blyplekke of […]
# Die Verkiesingskommissie sê voorbereidings vir volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing verloop volgens plan. Meer as 305-duisend nuwe kiesers het tussen Januarie en September vanjaar geregistreer, waarvan die meeste digitale platforms gebruik het. Altesaam 508 politieke partye is tans geregistreer. Die adjunk-hoof-verkiesingsbeampte, Masego Sheburi, het aan die media gesê raadpleging duur voort om die presiese […]
# Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, sê ‘n bedreiging- en risiko-ondersoeke is uitgevoer nadat ‘n senior aanklaer beskerming aangevra het vir Getuies A en B se verskyning voor die Madlanga-kommissie. Khumalo het verduidelik sulke ondersoeke is standaard binne Misdaadintelligensie en behels volledige veiligheidsbeheer op individue en hul omgewing. Hy het aan die kommissie gesê […]
# Gholf: Suid-Afrika se nuutste lid van die PGA-toer, Christo Lamprecht, het sy plek in vanjaar se Mauritius Ope bevestig, met die hoop om te verbeter op verlede jaar se tweede plek. Die 24-jarige sal vanaf 18 Desember op die skouspelagtige La Réserve-linksbaan op Heritage Resorts meeding nadat hy pas sy speelvoorregte vir die nuwe […]