# Die Wêreldbank en Google het ‘n vennootskap aangekondig vir die uitrol van kunsmatige intelligensie-aangedrewe, oopbron- digitale stelsels, insluitend ID’s, betalings en data-uitruiling, om oor vyf jaar 25 lande en 100-miljoen mense te bereik. Die aankondiging is gedoen tydens die beraad vir Globale Digitale Openbare Infrastruktuur in Kaapstad. Google Suid-Afrika se hoof van Regeringsake en […]
# Die saak van die Gautengse vrou Tiffany Meek, wat teregstaan op moord op haar jong seun, is na die Hooggeregshof in Johannesburg oorgeplaas vir ‘n voorverhoor op die 20ste van hierdie maand. Sy het vandag weer in die Roodepoortse Landdroshof verskyn op aanklag van moord en regsverydeling. Dit volg nadat haar elfjarige seun, Jayden-Lee, […]
# Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, het voor die Madlanga-kommissie getuig hy is nooit geraadpleeg oor die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde nie, al was hy die leier van die projek. Hy sê die brief deur die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, is nie aan hom gerig nie, maar het sy […]
# Die nasionale adjunk-kommissaris van polisie, Shadrack Sibiya, is daarvan beskuldig dat hy ‘n vals beëdigde verklaring vir die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala opgestel het na ‘n klopjag by sy huis. Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, het aan die Madlanga-kommissie gesê die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, sê Matlala het hom genader. […]
# Rusland sê Oekraïnse soldate in Pokrovsk en Kupiansk is omsingel en moet hulself oorgee, anders sal hulle nie oorleef nie. Rusland probeer sedert verlede jaar om Pokrovsk te verower as deel van ‘n poging om die hele Donbas-streek te beset. Oekraïnse magte beheer steeds ongeveer tien-persent van die streek, gelykstaande aan nagenoeg vyfduisend vierkante […]
# Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het die Hooggeregshof in Pretoria gevra om sy eiendom terug te kry. Die items, waaronder vyf vuurwapens, is afgeneem tydens ‘n klopjag op sy huis. Matlala word van poging tot moord aangekla. Khumalo sê die wapens word steeds […]
# Krieket: Australië het drie spelers sonder toetservaring aangewys vir die eerste toets om die As teen Engeland wat die 21ste in Perth begin. Die aanvangskolwer Jake Weatherald en die snelboulers Sean Abbott en Brendan Doggett kan hul buiging maak. Marnus Labuschagne is teruggeroep, terwyl die veelsydige Mitch Marsh en Matt Renshaw oor die hoof […]
# Rugby: Die Springbok-senter Lukhanyo Am verlaat die Haaie om sy loopbaan in Japan voort te sit. Die 31-jarige dubbele Wêreldbeker-wenner het meer as 100 wedstryde vir die Durbanse span gespeel sedert hy in 2016 van die Southern Kings by hulle aangesluit het. Am het ‘n kontrak met die Japannese span Sagamihara DynaBoars gesluit. Hy […]
# Rugby: Die Ierse slot Tadhg Beirne se omstrede rooikaart in die toets teen Nieu-Seeland in Chicago die afgelope naweek is herroep. Die 33-jarige het ‘n geelkaart gekry toe hy en Beauden Barrett mekaar getref het. Die vuilspel-hersieningsbeampte, Dan Jones, het dit daarna na rooi opgeskuif. ‘n Onafhanklike tugkomitee het Beirne se voorlegging aanvaar dat […]