# Vodacom het Kenneth Nkosana Makate moontlik tussen 353- en 748-miljoen rand betaal in ‘n skikking oor sy “Please Call Me”-uitvinding. Die bedrag word beraam volgens die uitwerking wat die skikking op Vodacom se verwagte verdienste vir sy tussentydse finansiële jaar gehad het wat op 30 September geëindig het. Die selfoon-netwerk het gister aangekondig dat […]
# President Cyril Ramaphosa het vroueleiers wêreldwyd gevra om kennis oor die opheffing van kwesbare gemeenskappe te deel. Hy het die Internasionale Vroueforum se konferensie in Kaapstad toegespreek. Ramaphosa sê kennis vermenigvuldig wanneer dit gedeel word, wat ander bemagtig om te lei en hul stem te laat hoor. Hy het beklemtoon dat wanneer vroue saam […]
# Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het die aansoek van agt gewese lyfwagte van adjunk-president Paul Mashatile verwerp om 12 aanklagte teen hulle te laat vaar – insluitend aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die saak teen die lede van die BBP-beskermingseenheid volg op ‘n voorval in Julie 2023 toe ‘n video van […]
# Suid-Afrika se derde grootste selfoonoperateur, Cell C, beplan om op die Johannesburgse Aandelebeurs te noteer. Dit word beskryf as ‘n strategiese stap wat daarp gemik is om sy balansstaat te stroomlyn, sy handelsmerkteenwoordigheid te verbeter en sy volgende groeifase te ondersteun. As deel van die notering sal ‘n volfiliaal van Cell C se grootste […]
# President Cyril Ramaphosa het die viering van vroue se leierskap aangemoedig as die sleutel tot bemagtiging, gelykheid en maatskaplike vordering. Hy het gepraat op die Internasionale Vroueforum se konferensie in Kaapstad. Ramaphosa sê geleentheid erken gedeelde menslikheid en inter-afhanklikheid. Hy het vroue geloof dat hulle samewerking en empatie voorstaan te midde van globale verandering. […]
# Waarnemers van die Afrika-Unie sê Tanzanië se algemene verkiesing het nie aan demokratiese standaarde voldoen nie. President Samia Suluhu Hassan se wegholoorwinning op 29 Oktober het tot noodlottige betogings gelei. Die opposisie het die regering van bedrog beskuldig en daar was opstande omdat haar hoof-teenstanders nie aan die verkiesing kon deelneem nie. Die AU-sending […]
# Rugby: Die afrigter van die Springboksewes-span, Philip Snyman, sê hy is tevrede met die span se voorbereidings in aanloop tot die nuwe Wêreldsewes-seisoen. Dit skop af met die Dubai-sewes op 29 en 30 November, waarna die Blitsbokke en die ander spanne na Suid-Afrika terugkeer om hul titel aanstaande maand in die Kaapstad-reeks te verdedig. […]
# Die direkteur van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, het Suid-Afrika, Indië en Turkye gekritiseer vir die versperring van die Beleggingsontwikkelings-ooreenkoms. Dit is ‘n raamwerk wat wêreldmaatstawwe bied om die beleggings- en sakeklimaat te verbeter. Suid-Afrika se teenkanting spruit uit ‘n gesamentlike beleidsdokument met Indië in 2019, wat gevra het dat geen nuwe items op die […]
# Die dodetal op die Filippynse Eilande wat deur die tifoon Kalmaegi getref is, het tot 114 gestyg, met 127 mense wat vermis word. Die storm wat verwoesting gesaai het op die sentrale deel van die eilande, het weer opgebou en beweeg nou na Viëtnam. Nagenoeg 350-duisend mense sal teen vanmiddag uit dié land se […]