# Rugby: Die Nieu-Seelandse vleuel Caleb Clarke is uit die naweek se toets teen Engeland op Twickenham nadat hy ‘n kopbeseringstoets gedruip het. Hy is beseer tydens die All Blacks se oorwinning van 25-17 oor Skotland. Die kaptein en slot Scott Barrett sal na verwagting terugkeer nadat hy die ontmoeting op Murrayfield misgeloop het weens […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement verwelkom die skuldigbevinding en vonnisoplegging van ‘n voormalige finansiële klerk van die Laerskool Akasia in Pretoria na ‘n ondersoek deur die departement se teenkorrupsie-eenheid. Sy is in Pretoria-Noord se Landdroshof skuldig bevind aan bedrog en diefstal en tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Die […]
# Rugby: Wallis se kaptein, Jac Morgan, gaan die res van die Herfsnasiesreeks misloop nadat hy sy skouer ontwrig het in gister se rekordnederlaag van 52-28 teen Argentinië in Cardiff. Die voormalige kaptein Dewi Lake sal die kapteinskap oorneem, terwyl Tommy Reffell en Harri Deaves oorweeg word om Morgan te vervang. Wallis se nuwe hoofafrigter, […]
# Rugby: Suid-Afrika bly bo-aan die wêreldranglys na Saterdag se oorwinning van 32-17 oor Frankryk in Parys. Die Springbokke se voorsprong oor Nieu-Seeland het tot 1,71 punte gestyg. Ierland en Engeland is steeds in die derde en vierde plekke na oorwinnings oor onderskeidelik Japan en Fidji, en Frankryk is steeds vyfde. Die top ses spanne […]
# President Cyril Ramaphosa sê ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se reaksie op ongelykheid is om skuldvolhoubaarheid te bevorder, veral vir ontwikkelende ekonomieë. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die rente op soewereine skuldterugbetalings, veral in Afrika, belemmer openbare besteding en ekonomiese groei. Ramaphosa sê Suid-Afrika gebruik sy G20-presidentskap om te pleit vir die hervorming […]
# Die familie van die burgerlike Jaap van der Merwe, wat in 1978 deur ANC-insypelaars vermoor is naby die grens met Botswana, het AfriForum amptelik versoek om antwoorde te vind oor moontlike politieke inmenging met die vervolging van ‘n geïdentifiseerde verdagte. Sy liggaam is nooit gevind nie. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê een […]
# Die nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Blade Nzimande, het ‘n spesiale nasionale kongres versoek om verskeie strukturele en ideologiese uitdagings te bespreek voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing. Die party het in Desember verlede jaar besluit om onafhanklik van die ANC aan die verkiesing deel te neem. Nzimande sê in ‘n skerp-bewoorde […]
# Keniaanse burgers in Tanzanië leef in vrees nadat hulle na bewering geteiken is in ‘n wrede aanslag teen betogings na verlede week se betwiste verkiesing. President Samia Suluhu Hassan het 98-persent van die stemme gewen. Kenia se minister van Buitelandse Sake, Musalia Mudavadi, sê die regte van sommige Keniane is geskend en formele verslae […]
# Rugby: Junior Springbok captain Riley Norton will lead the South African under-19 Academy team against the hosts in Châteauroux, France, this afternoon. The visitors’ starting team also includes Junior Boks Oliver Reid, Siphosethu Mnebelele and Vusi Moyo. The two teams agreed their squads will consist of 26 players to give more players game time. […]