# Die afgetrede adjunkhoof van Ekurhuleni se metropolisie, Revo Spies, is ernstig bekommerd oor die gebrek aan ‘n beleid oor misdaadklarings binne munisipale polisiedepartemente. Hy het aan die Madlanga-kommissie gesê daar is nie ‘n stelsel om amptenare op te spoor wat misdaadrekords kry terwyl hulle in diens is nie. Spies waarsku swak data-integrasie tussen munisipale […]
# ‘n Ontploffing het die lewens van minstens 12 mense geëis buite ‘n hofgebou in die Pakistanse hoofstad, Islamabad. Verskeie mense is beseer. Die polisie sê die ontploffing was naby die ingang na die distrikshof, waar talle mense normaalweg saamdrom. Niemand het nog aanspreeklikheid aanvaar nie. Die ontploffing het gevolg slegs ure nadat veiligheidsmagte aangekondig […]
# Die omstrede tenderpreneur Cat Matlala en sy vrou, Tsakani, se regsverteenwoordiger, Victor Nkhwashu, het aan hul saak onttrek. Die Matlalas en hul twee medebeskuldigdes staan tereg op aanklagte wat verband hou met ‘n beweerde huurmoord op sy voormalige vriendin, Tebogo Thobejane. Die Matlalas het nou nuwe regsverteenwoordiging. Die beskuldigdes het weer vlugtig in Alexandra […]
# Die afgetrede adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Revo Spies, het onthul dat baie beamptes nooit behoorlik gekeur is nie. Spies het voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig die Parlement se portefeuljekomitee oor Wetstoepassing het in 2020 en 2021 kommer uitgespreek oor ontbrekende misdaadklarings. Hy sê ondanks ‘n nasionale forumooreenkoms oor klaring vir personeel in uniform, […]
# Motorsport: Die MotoGP-seisoen word hierdie naweek afgesluit op die Circuit Ricardo Tormo in Valencia, Spanje. Die plaaslike jaer Marc Márquez het reeds die bestuurders-kampioenskap ingepalm met sy jonger broer en Ducati-spanmaat, Álex, in die tweede plek. Die fokus verskuif nou na die stryd om die derde plek. Die Italianer Marco Bezzecchi het ‘n skrale […]
# Krieket: Kenners sê Suid-Afrika staan voor ‘n groot uitdaging wanneer hulle Indië in twee toetse aandurf in die volgende deel van die verdediging van hul Wêreldtoetskampioenskaps-titel. Die Proteas het net drie volle dae om voor te berei vir die eerste wedstryd wat Vrydag op Eden Gardens in Kolkata begin. Die span se vorige veldtogte […]
# Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdiens het vordering gemaak om die brand in Cogmanskloof bo Ashton en Montagu in bedwang te hou. Die brand het Donderdagmiddag in die veld bo Zolani uitgebreek en aanvanklik na Cape Nature se grondgebied op die bergspits versprei voor dit na Montagu se kant van die berg beweeg het. Die […]
# Die polisie sê die moordverdagte broers Siyabonga en Malusi Nzimande, wat vanoggend uit Eswatini uitgelewer is, hou ‘n groot gevaar vir die samelewing in. Woordvoerder Athlenda Mathe sê die polisie het sterk bewyse wat hulle met drie moordsake verbind, insluitend dié op die kletsrymer Kiernan ‘AKA’ Forbes en Tebello ‘Tibz’ Motsoane. Mathe beskryf hulle […]
# Sewentien Suid-Afrikaners wat in die oorloggeteisterde Donbas-streek in die ooste van Oekraïne vasgekeer is, is volgens berigte deur Jacob Zuma se MK-party na Rusland gestuur. Die regering het verlede week noodoproepe van die mans ontvang, wat gelok is om by huursoldaatmagte aan te sluit onder die voorwendsel van winsgewende werkskontrakte. Volgens News24 het die […]