# Die gewese Amerikaanse president, Barack Obama, twyfel of enige ooreenkoms tussen sy land en Iran beduidend anders of ‘n verbetering sal wees op 2015 se gesamentlike omvattende kernooreenkoms. President Donald Trump het dit in sy eerste termyn opgeskort. Washington en Teheran het ‘n vredesooreenkoms bereik, insluitend die heropening van die Seestraat van Hormoes en […]
# Former US president Barack Obama says he is doubtful any agreement between America and Iran is going to be significantly different or an improvement over the 2015 Joint Comprehensive Plan of Action nuclear agreement. President Donald Trump abandoned the agreement during his first term. Washington and Tehran have agreed on a peace deal which […]
# Die DA in Gauteng sê verskeie departemente se begrotings weerspieël nie inwoners se ware behoeftes nie. Dit sluit in die kantoor van die Premier, Gemeenskapsveiligheid, Menslike Nedersettings, Gesondheid en Ekonomiese Ontwikkeling. Die party het verlede week daarteen gestem. Woordvoerder Mike Moriarty sê misdaad is onbeheersd, die gesondheidsorg-stelsel ondervind erge druk en werkloosheid bly onaanvaarbaar […]
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê Suid-Afrika het bewys eenheid is krag en dialoog is mag in ‘n wêreld wat sukkel met ongelykheid, digitale ontwrigting en geslags-gapings. Sy het die 114de sitting van die Internasionale Arbeidskonferensie in Genéve, Switserland, bygewoon waar besprekings gewentel het om die wêreld van werk, maatskaplike dialoog […]
# Die Gautengse verkeershoof, Samuel Mashaba, is voorlopig geskors hangend die afhandeling van ‘n formele tugproses. Dit volg op sy getuienis voor die Madlanga-kommissie oor sy persoonlike bande met ‘n informant verbind met ‘n dwelmfonds in Aeroton. Elijah Mhlanga van die provinsiale regering sê Mahlanga het bekentenisse gemaak oor optrede wat dui op ernstige oortredings […]
# Tennis: Donna Vekic van Kroasië het ‘n titeldroogte van twee jaar verbreek deur die Queens-toernooi in Londen te wen. Die 29-jarige het die tuisgunsteling Emma Raducanu in skoon stelle verslaan. Die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen het probeer om die eerste Britse vrou te word om te wen sedert Ann Jones in 1969. Vekic is die […]
# ActionSA verwerp president Cyril Ramaphosa se dringende hofaansoek teen die voortsetting van die werk van die parlementêre ampsklagproseskomitee. Hy het die Wes-Kaapse Hooggeregshof gevra om die proses te stuit hangende ‘n regshersiening van die Artikel 89-paneelverslag. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê die Parlement se grondwetlike verantwoordelikheid kan nie onbepaald opgeskort word met regstappe […]
# Die leiers van Brittanje, Frankryk, Duitsland en Italië het die ooreenkoms tussen Amerika en Iran verwelkom en bestempel as ‘n geleentheid om streeksbestendigheid en die globale ekonomie te herstel. Die ooreenkoms behels die beëindiging van militêre optrede op alle fronte, insluitend in Libanon, die opheffing van die Amerikaanse Vlootversperring binne 30-dae en die heropening […]
# Gholf: Die Zimbabwiër Stuart Krog het die Zambiese Ope op die Nkana-klub met ‘n enkele hou gewen vir sy eerste Sonskyntoer-titel. Sy laaste ronde van 66 het hom laat eindig op vyf onder syfer, gevolg deur die Suid-Afrikaner Jason Roets, met ‘n laaste ronde van 75. Die Suid-Afrikaners Hayden Porteus en Keagan Thomas was […]