# National Treasury has confirmed that Finance minister Enoch Godongwana will table the medium-term budget policy statement on November 12th. Traditionally tabled in October, the medium-term budget policy statement is an opportunity for the minister to make revisions to the national budget and allocate additional money where needed. Treasury says due to the lateness of the […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het die 50-duisend-rand vergoeding wat aan een van sy lede toegeken is verwelkom, nadat hy onregverdig oor die hoof gesien is vir ‘n skoolhoofpos by ‘n hoërskool in Limpopo. Die Kommissaris van die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys het bevind die provinsiale Onderwysdepartement het onregverdige arbeidspraktyke gevolg toe die […]
# Frankryk en Saoedi-Arabië bring vandag talle wêreldleiers byeen om steun vir ‘n tweestaatoplossing te werf, met verskeie van hulle wat na verwagting ‘n Palestynse staat formeel sal erken. Israel en Amerika boikot die beraad. Die Amerikaanse administrasie het gewaarsku teen moontlike gevolge vir diegene wat stappe teen Israel neem, insluitend teen Frankryk, wie se […]
# Die Hongkongse lugredery, Cathay Pacific, sê hy verwag om meer as 500 vlugte te kanselleer wanneer die Supertifoon Ragasa na verwagting die Chinese finansiële spilpunt tref. Passasiersvlugte wat by en vanaf Hongkong Internasionale Lughawe aankom, sal môre gehok word en vlugte weer teen Donderdag hervat word. Ragasa kruis die seestraat van Luzon tussen suidelike […]
# Een persoon is dood en nog een gewond in ‘n skietvoorval Sondag op die perseel van die Pretoria High School Old Boys-klub in Lynnwood, Pretoria. Die voorval het plaasgevind toe vier mans probeer het om ‘n motor te steel. Die polisie sê toe hulle op die toneel aankom, was twee mense geskiet en ‘n […]
# Rugby: Die Australiese stut Allan Alaalatoa met sy terugkeer na die Wallabies, sê sy span sien Edenpark as net nog ‘n ander rugbyveld. Hulle hoop om Saterdag Nieu-Seeland se 31 jaar onoorwonne rekord op die ikoniese Auckland-stadion te beeïndig. Die All Blacks het in 1994 laas op Edenpark verloor, maar het Saterdag ‘n groot […]
# Duitsland het bevestig dat hy nie ʼn Palestynse staat sal erken tot die Israeli’s en Palestyne oor ʼn tweestaat-oplossing onderhandel het nie. Dit kom in aanloop tot die Verenigde Nasies se algemene vergadering waar Frankryk na verwagting die jongste land sal word wat ʼn Palestynse staat erken, nadat Australië, Brittanje, Kanada en Portugal dit […]
# Atletiek: Wayde van Niekerk, wat deel was van Suid-Afrika se 4×400 meter-aflosspan, is vol lof vir sy spanmaats by die Wêreld-atletiekkampioenskap waar hulle die bronsmedalje verower het. Span SA se Lyth Pillay, Zakithi Nene, Udemy Okon en Van Niekerk was derde na Botswana en Amerika. Van Niekerk sê ná ʼn lang medalje-droogte, was dit […]
# Die 7de jaarlikse Tshwane Varsity-hackathon begin vandag in die veeldoelige saal van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Ga-Rankuwa-kampus. Die geleentheid sal van die slimste en mees kreatiewe rekenaar-slimkoppe van regoor die metro byeenbring vir ‘n intensiewe kompetisie van 48-uur wat op innovasie en probleemoplossing sal fokus. Altesaam 150 studente van TUT, Tuks, Unisa […]