# Die DA in Noordwes sê hulle is verbind tot onderwys en om jong leerders te bemagtig met die hulp wat hulle nodig het om te slaag. Die party het gister boeke aan die Tlhabane West Primary School in die Rustenburg-munisipaliteit geskenk. Nelio Nhacuangue van die DA sê deur van jongs af in leerders te […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy neem kennis dat die burgemeester van Emfuleni, Sipho Radebe, blykbaar verheug is oor die oplossing van die dooiepunt met Rand Water oor waterskuld. Emfuleni het 660-miljoen-rand aan Rand Water betaal om die grootmaat-verskaffer se beslaglegging op die munisipaliteit se lopende rekening op te hef. Gerda Senekal van die VF […]
# ‘n Dosent van die Universiteit van die Vrystaat, Nombulelo Shange, sê dis kommerwekkend dat toenemende xenofobiese geweld al meer gerig is op Afrika-burgers al maak hulle ‘n klein deel van die bevolking uit. Buitelanders maak net sowat vier-persent van die land se bevolking uit. Shange sê daar is groter uitdagings in die land met […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd oor die Stad Tshwane se vermoë om volhoubare dienste aan informele woongebiede in die metro te lewer. Volgens die metro se data, ontvang slegs 50-persent inwoners formele diensterekeninge terwyl die meeste informele woongebiede toegang tot water en elektrisiteit het, dikwels sonder om te betaal. Anne-Marie Sparg van […]
# Die Stad Kaapstad het meer as 5,1-miljard-rand in belasting en dienstehulp aan inwoners wat kwalifiseer, beskikbaar gestel. Die stadsraad het ook ‘n inisiatief van sowat 2,2-miljard-rand vir die afskryf van ou skuld vir begunstigdes wat kwalifiseer, goedgekeur. Die burgemeesterskomiteelid van Finansies, Siseko Mbandezi, sê hulle het ook ‘n aktiewe inisiatief vir inwoners wat nie […]
# Die landwye Vala Umgodi-optredes van die eerste tot die 17de van hierdie maand het gesorg vir een-duisend-183 inhegtenisnemings vir verskillende kriminele oortredings. Van die oortredings van die verdagtes sluit in poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, onwettige delwery wat insluit die onwettige besit van gouddraende materiaal en die oortreding van die Immigrasiewet. […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie sê Ford, Nissan en Citroën is besig om verskeie modelle te herroep nadat hulle talle gebreke identifiseer het. Die reuse-motorvervaardiger Ford herroep meer as 20-duisend voertuie in Suider-Afrika weens veiligheidsredes. Dit sluit die Ranger- en Everest-modelle in wat tussen 2021 en vanjaar gebou is. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê […]
# Die DA in Gauteng versoek die premier Panyaza Lesufi en die provinsiale polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, om vir groter polisiesigbaarheid in Mamelodi-Oos te sorg om inwoners teen toenemende bende-aktiwiteite te beskerm. Multidissiplinêre optrede onder leiding van die Valke het vroeër die week tot die dood van drie verdagtes en beslaglegging op ‘n geweer en twee […]
# Die Stad Kaapstad is bekommerd oor die onwettige eletrisiteitskoppelings wat inwoners van die informele woongebied Monwabisi Gebied 4 by die rioolpompstasie in Swartklipstraat in Tafelsig maak. Die burgemeesterskomteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die onwettige koppelings hou ernstige veiligheidsrisiko’s vir die gemeenskap in en benadeel die werking van die pompstasie. Hy moedig […]