# Die Nelson Mandela Universiteit sê hy beleef ʼn merkwaardige groei in nagraadse aansoeke. Volgens September-data het nagraadse aansoeke tot dusver met 47,8-persent toegeneem van 12-duisend-357 in 2025 tot 18-duisend-268 in 2026. Aanvaarding het in dieselfde tydperk met 42,56-persent toegeneem van 592 tot 844. Studentewerwing se adjunkdirekteur, Jo-Ann Daniels, sê die groeiende belangstelling in nagraadse […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om ‘n rentekoersverlaging tydens sy laaste vergadering in November te oorweeg. Die Reserwebank het verlede week om die repokoers onveranderd op sewe-persent te laat, terwyl die prima uitleenkoers op 10,5 persent bly. Claude Naicker van die staatsdiensvakbond sê staatsamptenare en […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die Ekurhuleni Munisipaliteit moet gekeer word in sy poging om grond sonder vergoeding te onteien. Die metro het geweier om te betaal vir ‘n 34-hektaar eiendom wat hulle in 2019 vir behuisingsontwikkeling in Driefontein gekonfiskeer het. Die eiendom is destyds op nie minder nie as 30-miljoen-rand gewaardeer, met latere onafhanklike […]
# Die Stad Tshwane sê hy merk abnormale hoë watergebruik op in Streek 1 met Soshanguve wat die meeste gebruik. Die onvolhoubare gebruik het die Soshanguve L-sone sonder water gelaat. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê deur saam te werk kan die waterstelsel se balans herstel en strenger beperkings in die komende dae vermy […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die Bana Pele-massaregistrasieveldtog vir vroeë kinderontwikkeling verwelkom, wat tienduisend VKO-sentrums suksesvol geregistreer en goedgekeur het. Dit is drie maande voor die oorspronklike sperdatum van 31 Desember. Die minister het die mylpaal beskryf as ‘n oorwinning vir kinders, praktisyns en gemeenskappe oor die hele land. Die departement […]
# Die Stad Johannesburg se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling sê pogings om die metro as ‘n spilpunt vir ekonomiese groei te posisioneer, duur voort, insluitend die ontsluiting van die potensiaal van nywerheidsparke. Die burgemeester Dada Morero het ‘n teiken gestel om die metro se ekonomie met drie persent te laat groei, en die meeste van […]
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, veroordeel Operasie Dudula se jongste veldtog wat gemik is teen migrante se kinders by Gautengse skole. Die beweging het gister talle skole in Soweto besoek en kennisgewings afgelewer om hulle te waarsku om nie in 2026 ongedokumenteerde kinders toe te laat nie. Die Gautengse Onderwysdepartement veroordeel die groep se standpunt […]
# Die George Munisipaliteit in die Wes-Kaap sê pogings om uitheemse plantegroei in die Katrivier- en Bo-Katrivier-opvanggebiede te bestuur, duur voort. As deel van hierdie pogings het die munisipaliteit onlangs ‘n beheerde brand noord van die Denneoord-waterwerke uitgevoer. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê die brande help om brandbare dooie blare, boomtakke en ander […]
# Die regering sê vir Suid-Afrika is die 80ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York, ʼn belangrike platform om hom vir hervorming van die VN-veiligheidsraad te beywer. Die sitting se tema is, Beter saam: 80 jaar en meer vir vrede, ontwikkeling en menseregte. Die regering se woordvoerder, Boipelo Modise, sê […]