# Die Stad Ekurhuleni sê hy gaan in samewerking met provinsiale en nasionale regeringsagentskappe, asook Rand Water, ‘n omvattende aksieplan instel om die watervoorraad in Bedfordview te herstel en te stabiliseer. Inwoners en sakeondernemings worstel al weke lank met volgehoue watertekorte wat hulle lewens ontwrig. Die burgemeester Nkosindiphile Xhakaza se woordvoerder, Ramatolo Tlotleng, sê ‘n […]
# Action Society het amptelike klagte by die Suid-Afrikaanse Nasionale Forensiese Toesig- en Etiekraad en die stasiebevelvoerder van die Mitchells Plain-polisiekantoor in Kaapstad ingedien. Dit hou verband met die saak van die 89-jarige Ellen Malan, wat in September verlede jaar in haar huis in Tafelsig vermoor is. Kaylynn Palm van Action Society sê hulle eis dringend […]
# Landwye Shanela-operasies het die afgelope week tot die inhegtenisneming van 17-duisend-247 verdagtes gelei. Dit sluit 155 verdagtes in wat vir poging tot moord vasgetrek is, 335 vir verkragting, en 53 gesteelde en gekaapte voertuie is teruggevind. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê vuurwapens is steeds die grootste probleem by ernstige en geweldsmisdade, veral by moord. […]
# Die vakverbond Cosatu in Gauteng verwelkom die onthullings van die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag dat meer as twee-miljard-rand by die Tembisa-hospitaal gebuit is. Die SOE het 116 amptenare vir dissiplinêre stappe verwys en werk saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om bates te verhaal en strafregtelike klagtes aanhangig te maak. Cosatu se provinsiale voorsitter, Amos […]
# Die Vryemarkstigting sê Suid-Afrika se voorspoed hang af van openheid, handel en die oppergesag van die reg. Die regering onderhandel steeds met Amerika oor ‘n handelsooreenkoms. Die stigting sê die hervormings wat Amerika versoek, naamlik respek vir eiendomsregte, die beëindiging van rasverdelende maatreëls en die bekamping van haatspraak, is ten volle in ooreenstemming met […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy ondersteun alle ontwikkeling en belegging wat daarop gemik is om kapitaal en werksgeleenthede na die Stad Tshwane te lok. Die party sê egter hy sal nie toekyk hoe die metro se begrotingbesnoeiings sulke ontwikkelings kniehalter nie. Volgens ʼn verslag van die Oorsigkomitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning maak […]
# Suid-Afrika se eerste plaaslik vervaardigde drie-dimensionele, volkoepel-wildlewe-fliek, Close Encounters, sal Saterdag sy nasionale première by die opgeknapte Wits Anglo American Digital Dome hê. Die fliek van 30 minute is volledig in die wildernis van KwaZulu-Natal verfilm, met behulp van gevorderde 360-grade-kameras om onder andere leeus, olifante, kameelperde in hul natuurlike omgewing vas te vang. […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel vir vandag warm tot baie warm en ongemaklike toestande in die Wes-Kaap. Temperature in die middel tot hoë 30’s en lae 40’s word in sommige gebiede voorspel. Die woordvoerder van Kaapstad se Rampbestuursentrum, Charlotte Powell, sê dit kan ʼn aansienlike uitwerking op mense se gesondheid en die omgewing hê. Sy […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê die KwaZulu-Natalse Onderwysdepartement se finansiële probleme is nie uniek aan die provinsie nie. Die provinsiale regering het onthul sy Onderwysdepartement is in ʼn haglike situasie en het dringend sowat 3,4-miljard-rand nodig. Hierdie departement is die grootste in die land met meer as twee-miljoen leerders. Gwarube sê […]