# The US Justice Department has reportedly launched a criminal investigation into former magazine columnist E. Jean Carroll. The 82-year-old accused president Donald Trump of sexual assault and won a federal civil lawsuit against him for sexual abuse and defamation. A court found the president liable on both counts and awarded Carroll over 80-million-rand in […]
# Tennis: Three-time champion Novak Djokovic believes the French Open’s heat rules need to be changed. The Serb played local player Valentin Royer in the middle of the afternoon yesterday, as Paris experienced temperatures exceeding 30 degrees Celsius. Djokovic has suggested that Roland Garros could either suspend play during the day, like at the Australian […]
# Die Grensbestuursowerheid het ʼn dwelmbesending ter waarde van 998,2-miljoen-rand by die Beitbrug-grenspos in Musina, Limpopo, onderskep. Drie Malawiese burgers is gearresteer. ʼn Intelligensie-gedrewe operasie wat uit die Nasionale Teiken-sentrum bedryf word, het ʼn vragmotor geïdentifiseer wat deur Zimbabwe na Beitbrug reis. Volgens die Grensbestuursowerheid is die vragmotor onderskep en met die gesofistikeerde vragmotor-skandeerder op […]
# Gauteng se LUR vir Menslike Nedersettings, Tasneem Motara, het huise oorhandig aan begunstigdes in Sokhulumi, Tshwane. Dis deel van pogings om die lewering van behuising te versnel, vertragings op te klaar en mense se waardigheid te herstel deur volhoubare nedersettings. Die departement se woordvoerder, Terry-Ann van Eck, sê die Sokhulumi-projek sal na verwagting 265 […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor die meer as elf-miljard-rand wat provinsiale Gesondheidsdepartemente aan die Nasionale Gesondheids-laboratoriumdiens skuld. KwaZulu-Natal skuld die meeste, naamlik net meer as 4,8-miljard-rand, gevolg deur Gauteng met 3,2-miljard en die Oos-Kaap met meer as 1,1-miljard. Claude Naicker van die vakbond sê die stygende skuldkrisis belemmer die diens se vermoë […]
# Die ANC in Kaapstad sê hy is bekommerd omdat die metro en speaker van die raad voortgaan om virtuele raadsvergaderings te hou. Die laaste fisiese raadsvergadering was byna ʼn jaar gelede. Judy-Ann Stevens van die ANC sê virtuele vergaderings verswak robuuste debat, beperk aanspreeklikheid en maak volgens haar dit makliker vir die DA-administrasie om opposisie-deelname […]
# Die GOOD-party sê hy neem kennis van die Stad Kaapstad se hersiene 2026/2027 begrotingsaanpassings van burgemeester Geordin Hill-Lewis na die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak oor die begrotingsraamwerk. Die metro het openbare deelname heropen oor die wysiging op sy City of Hope-begroting nadat die hof teen dele van die tariefstruktuur uitspraak gelewer het. Sandra Dickson […]
# The US military has struck another alleged drug trafficking boat in the Eastern Pacific this week, killing two people. The US Southern Command says intelligence confirmed the vessel was transiting along known narco-trafficking routes and was engaged in narco-trafficking operations. On Tuesday, the military launched another strike on a vessel suspected of transporting drugs, […]
# ActionSA sê die Stad Johannesburg se begroting van 97,1-miljard-rand vir die 2026/2027-boekjaar hanteer nie die lewensomstandighede van die middelklas en minderbevoorregtes nie. Die begroting se hoof-inkomstebronne is elektrisiteit, water en afvalwater, eiendomsbelasting en vullisverwydering. ActionSA-woordvoerder Mpumi Edward sê die begroting gee steeds voorkeur aan dienslewering en infrastruktuurbelegging wat herhaaldelik in vorige begrotings gemaak is: