# Polisie in die Oos-Kaap het ʼn ondersoek begin na die skietdood in Dutywa van ʼn raadslid van die Mbhashe Plaaslike Munisipaliteit, Ernest Fiphaza. Die 63-jarige Fiphaza, ʼn kandidaat van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, is buite sy huis doodgeskiet. Die polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê twee onbekende verdagtes het by die slagoffer se huis opgedaag en met hom gestry. Sy sê die argument het in ʼn fisiese onderonsie ontaard, en een van die verdagtes het ʼn vuurwapen uitgepluk en die slagoffer doodgeskiet:
Oos-Kaapse polisie ondersoek moord op raadslid van Mbhashe-munisipaliteit [KLANK]
ENG GantanaONCouncillor