# Die Oogheelkundige Vereniging van Suid-Afrika waarsku ‘n wêreldwye toename in bysiendheid verhoog die gevaar van ‘n los netvlies en blindheid. Die waarskuwing volg voor Oogsorgbewusmakingsmaand, wat Woensdag begin en tot 18 Oktober duur. Viresh Dullabh van die vereniging sê meer skermtyd en minder tyd in die buitelug dra by tot die toename in bysiendheid […]
# Die Noordwes-Universiteit het ‘n vennootskap met die Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters en ‘n geakkrediteerde opleidingsentrum aangegaan om aan drie uitmuntende gegradueerdes ‘n direkte roete na die rekeningkundige beroep te bied. Die gegradueerdes sal kontrakte van drie jaar by Danie Rothman Accountants in Potchefstroom ontvang om hul klerkskap te voltooi en praktiese werkplekervaring op […]
# Tennis: Carlos Alcaraz gaan die naweek se Laverbeker-kompetisie vir Span Europa in Londen binne met ‘n loopbaanrekord van 19-2 teen die Wêreldspan. Die Spanjaard is onoorwonne teen Alex de Minaur en Francisco Cerundolo, terwyl hy met 5-1 teen Taylor Fritz voor is en 3-1 teen Ben Shelton. Hy het ook vir Alexander Bublik geklop […]
# Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal na verwagting op 29 September weer in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding. Die senior polisie-offisier word daarvan beskuldig dat hy ‘n 18-jarige vrou verkrag het en ‘n 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak het. Kaizer Kganyago van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Sibiya sal […]
# Die Oos-Kaapse Drankraad doen ‘n beroep op leerders om “Pens Down”-partytjies waar alkohol gebruik word, te vermy terwyl hulle vir hul eindeksamens voorberei. Die uitvoerende hoof van die raad, Nombuyiselo Makala, sê jongmense moet hul prestasies verantwoordelik vier en veilig terugkeer huistoe. Die raad doen ‘n beroep op ouers, skole en gemeenskappe om te […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het vandag toegeslaan op die perseel van die Reguleringsowerheid vir die Private Sekuriteitsbedryf in Centurion. Die Spesiale Tribunaal het verlede Donderdag ‘n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging uitgereik om dokumente te bekom in ‘n voortgesette ondersoek na ‘n 130-miljoen-rand opleidingskontrak van die Werkloosheidsversekeringsfonds vir meer as sewe-duisend leerders landwyd. Die SOE […]
# Freedom Under Law het die afgetrede Appèlhof-regter, Trevor Gorven, as ‘n raadslid verwelkom. Gorven het van 2021 tot en met sy aftrede in April 2024 in die Appèlhof gedien en is bekend vir uitsprake oor openbare aanspreeklikheid, administratiewe geregtigheid, toegang tot inligting en die uitoefening van openbare mag. Die organisasie sê Gorven beskik oor […]
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Jack Bloom, sê die nuwe Strategiese Raamwerk vir Water- en Sanitasiedienste verskuif die fokus van slegs toegang tot water na betroubare dienslewering. Bloom het tydens ‘n geleentheid in eThekwini in KwaZulu-Natal gesê landwyd is daar 13-duisend waterlekke, 58,7-persent water wat geen inkomste oplewer nie en twee-miljoen huishoudings wat […]
# Die herbou van die EFF se partystrukture geniet voorkeur tydens sy sesde Sentrale Verkiesingstaakspan-vergadering in Sandton. Die party se adjunkpresident, Godrich Gardee, sê hul wil ook die party in KwaZulu-Natal versterk in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing. Gardee het aan die SABC gesê die party is tevrede met sy vordering en gereed vir 4 […]