# Die African Independent Congress het Margaret Arnolds aangekondig as hul burgemeesterskandidaat vir die Stad Johannesburg in die plaaslike regeringsverkiesings op 4 November. Arnolds is die huidige Speaker van die Johannesburgse Raad, nadat sy in Julie 2025 met 137 stemme herkies is. Die AIC-raadslid dien al etlike jare in Johannesburg se politieke leierskap, insluitend vorige […]
# Eskom sê sy ommeswaai kry momentum, met die energiebeskikbaarheidsfaktor wat 72,56-persent vir die afgelope week en 67,79-persent op ‘n jaargrondslag bereik het, die hoogste vlak sedert 2020. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê onbeplande onderbrekings het met 39,2-persent vir die jaar gedaal. Sewe provinsies is ook van die lasverminderingskedule verwyder, wat ongeveer 1,2-miljoen kliënte bevoordeel. Sy […]
# Die Gauteng Gesondheidsdepartement sê beplande herstelwerk aan elektriese infrastruktuur Steve Biko Akademiese Hospitaal sal tot 1-uur vanmiddag plaasvind. Dit raak verloskunde, neonatale en pediatriese dienste, asook ses teaters en kritieke sorgeenhede, raak. Die hospitaal het hoërisiko-pasiënte verskuif en 33 elektiewe operasies herskeduleer. Noodprosedures sal voortgaan in die onaangeraakte teaters. Woordvoerder Steve Mabona sê noodmaatreëls […]
# Die Studenteraad van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie vra ‘n ondersoek na die instelling se finansiële bestuur, na weke van betogings en die opskorting van akademiese programme. Die studenteraad-president, Liyabulela Gela, sê studente, veral dié uit benadeelde omgewings, dra die las van beweerde finansiële wanbestuur. Gela het aan die SABC gesê hulle verlang […]
# Grenspolisie en gesamentlike taktiese spanne het hul optrede teen sigaretsmokkelary verskerp en verskeie smokkel-besendings ter waarde van miljoene rande onderskep. ‘n Vier-en-veertigjarige buitelandse burger is by Beitbrug in hegtenis geneem nadat 460 bokse onwettige sigarette ter waarde van ongeveer 2,1-miljoen-rand na bewering in ‘n vragmotor versteek was. Soortgelyke beslagleggings ter waarde van ongeveer twee-miljoen-rand […]
# Die politieke ontleder, Ntsikelelo Breakfast, sê die ANC se keuse van burgemeesterskandidate hierdie naweek is belangrik aangesien die party ‘n beduidende afname in steun op plaaslike regeringsvlak ervaar. Die ANC stel hierdie naweek sy 2026 Plaaslike Regeringsverkiesingsmanifes in Diepsloot, Gauteng, bekend. Breakfast het aan die SABC gesê die party het gesukkel met dienslewering en […]
# Eskom het die finale betaling van die Stad Johannesburg en City Power ontvang, wat opgehoopte agterstallige elektrisiteitskuld van meer as 5,25-miljard-rand ten volle vereffen. Die nutsmaatskappy sê die stad se elektrisiteitsrekening vir Julie 2026, ter waarde van 1,86-miljard-rand, sal teen die vervaldatum van 31 Augustus betaal word. Eskom het gevolglik sy proses truggetrek, waarvolgens […]
# The Lions drew 22-all against the Sharks-15 in a thrilling Currie Cup clash at the Woodburn Stadium in Pietermaritzburg yesterday. The Sharks appeared to have secured victory when Meno Barnard scored in the 76th minute, putting them 22-17 ahead. However, Lions fullback Gilermo Mentoe scored after the final whistle to level the match. Both […]
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het die moord op voormalige wêreldbokskampioen Zolani “Last Born” Tete veroordeel. Tete is gisteraand buite sy huis in Mdantsane geskiet nadat twee gewapende verdagtes op hom losgebrand het terwyl hy gewag het vir ‘n hek om oop te maak. Sy 27-jarige vroue-passasier is beseer en in die hospitaal opgeneem. […]