# Die regering het informele groepe uitgenooi om aan die G20 Maatskaplike Spitsberaad deel te neem. Die regering het registrasies vir die spitsberaad geopen, wat vir 18–20 November 2025 in Johannesburg geskeduleer is. Suid-Afrika se G20-presidentskapstema is Solidariteit, Gelykheid, Volhoubaarheid, en die spitsberaad sal die burgerlike samelewing, jeug, vrouegroepe, persone met gestremdhede, geloofsorganisasies en grondvlaknetwerke […]
# ‘n Ondersoek word ingestel nadat ‘n sewe-jarige seun in die Oos-Kaap noodlottig geskiet is, na bewering deur sy agt-jarige neef. Die polisie sê die kind het toegang tot die vuurwapen in sy pa se slaapkamer verkry en dit afgevuur, en sy neef is onmiddellik dood. ‘n Moordsaak is teen die agt-jarige aanhangig gemaak, terwyl […]
# Die linkse regering in Spanje stel voor dat die reg tot aborsie in die grondwet verskans moet word nadat die Munisipale Raad van Madrid besluit het om vrouens in te lig oor die sogenaamde “na-aborsie-sindroom”. Die geskil het ontstaan toe die raad, wat deur die konserwatiewe Popular Party beheer word, ‘n ver-regse voorstel aanvaar […]
# Kenners van hoër onderwysinstellings vra vir beter ondersteuning vir tegniese en beroepsonderwys en -opleiding as ‘n belangrike naskoolse studierigting. Kenners het by ‘n dialoog vna Suid-Afrikaanse universiteite gesê handelsvaardighede is die sleutel om Suid-Afrika se vaardigheidstekort en die toekoms van werk aan te spreek wat insluit die bevordering van onderwys in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese […]
# Rugby: Die Haaie en die Leeus sal probeer om hierdie naweek onoorwonne te bly teen hulle onderskeie opponente met die Verenigde Rugbykampioenskap wat sy tweede ronde bereik. Die Stormers en Bulle sal ook wil voortbou op hulle sterk vertonings in die openingswedstryde. Die manne van KwaZulu-Natal speel vanaand om 9.05 SA-tyd teen die Dragons […]
# Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap sê probleme wat ouderdomstoelae-betalings geraak het, is opgelos. Ongeveer 15-duisend begunstigdes het nie gister hul toelaes ontvang nie weens ‘n tegniese fout tussen Capitec en die betalingstussenganger, PayInc. Die uitstaande betalings sal vandag gedoen word. SASSA se woordvoerder Andile Tshona sê maatreëls word ingestel om ‘n herhaling van die voorval […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het twee splinternuwe helikopters en 12 patrollievoertuie aan die SAPD Tshwane Akademie in Pretoria oorhandig om sy bestaande vloot te versterk. Masemola sê dit vorm deel van die wtestoepassingstrategie terwyl die land voorberei vir die bekendstelling van die 2025/2026 nasionale veiliger feestyd-operasies wat in die komende week plaasvind. Die […]
# Gholf: Die uitvoerende hoof van die Amerikaanse PGA, Derek Sprague, sê hy beplan om verskoning te vra aan Rory McIlroy en die res van Span Europa vir die slegte behandeling wat hulle verduur het by die Ryderbeker by Bethpage Black. McIlroy is verbaal aangeval en sy vrou, Erica, is deur ‘n bottel getref wat […]
# Motorsport: Die voorloper in die F1-bestuurderskampioenskap, Oscar Piastri, sê hy het geleer uit sy foute in Baku. Die renjaer is in die eerste ronde van die Azerbeidjan Grand Prix van die baan af nadat hy dieselfde fout in die kwalifiseringsrondes gemaak het. Sy spanmaat Lando Norris het sy agterstand in die wedloop vir die […]