# Ukraine and Russia have agreed on a ceasefire in the Russian-occupied Ukrainian town of Oleshky. The two sides said the ceasefire would go into effect on October 27, allowing the delivery of aid and the evacuation of residents through humanitarian corridors. Meanwhile, Ukrainian President Volodymyr Zelensky said peace negotiators would meet next month for […]
# Eskom sê sy opwekkingsprestasie verbeter steeds, met ‘n energiebeskikbaarheidsfaktor van 68,1-persent hierdie boekjaar tot op hede. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die verbetering dui op ‘n geleidelike verskuiwing van herstel na betroubare en volhoubare elektrisiteitsvoorsiening. Volgens Mokwena verteenwoordig die verbeterde prestasie ongeveer ses-duisend-424 megawatt aan bykomende beskikbare opwekkingskapasiteit, vergeleke met drie jaar […]
# City Power sê hy skuld kontrakteurs ongeveer 900-miljoen-rand, maar probeer om uitstaande betalings af te handel en die tydsduur vir betalings te verkort. Woordvoerder Isaac Mangena sê die nutsmaatskappy het begin om gedeeltelike betalings te maak, na die instelling van finansiële afkamping die begin van Oktober. Die betalings is uiteengesit tydens ‘n gesprek met […]
# Die Siyafana Sonke-aksieveldtog vra die regering om dringend op te tree om die vlaag geweld in Durban te stuit, gesinne wat geraak word te beskerm en ondersoek in te stel na diegene wat daarby betrek word. Woordvoerder Yeshelen Govender sê die geweld sluit brandstigting, wreedaardige aanvalle en minstens een moord in. Govender beweer dat […]
# AfriForum dring aan by die Stad Tshwane om infrastruktuurprobleme sowel as die vraag na water aan te spreek, aangesien die munisipaliteit voortdurend met watervoorsiening probleme het. Die organisasie sê onlangse voorvalle sluit die pyplynkoppeling by die Garsfontein-reservoir wat onklaar geraak het, asook rioolbesoedeling wat die watervoorsiening vanaf die Findlay-reservoir geraak het. Dit is benewens […]
# Lawyers for Human Rights sê Suid-Afrika se stelsel van eiendomsaktes en die hoë koste van eiendomsoordragte dra by tot eiendomsgeskille. Dit volg na ‘n uitspraak deur die Pretoriase Hooggeregshof ten gunste van Henrietta Phakathi, ‘n ouma wat meer as tien jaar lank gesukkel het om die eiendoms-akte vir haar huis in Sebokeng te bekom. […]
# Eskom sê Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale is weer suksesvol aan die nasionale kragnetwerk gekoppel ná herstelwerk. Die nutsmaatskappy se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die eenheid is bestendig, en kragopwekking word geleidelik tot volle kapasiteit verhoog. Sy sê Eenheid 1 het verlede Vrydag afgeskakel nadat ‘n elektriese steuring tydens instandhoudingstoetse aan Eenheid 2, die […]
# Soccer: Kaizer Chiefs have crashed out of the CAF Confederation Cup after losing 3-2 on penalties to Zambia’s Red Arrows in Durban. Chiefs won Friday’s second-leg encounter 1-nil at Moses Mabhida Stadium, thanks to Bradley Cross’s second-half header, levelling the aggregate score at 1-all. However, Amakhosi wasted several clear scoring opportunities before the match […]
# Rugby: Die Haaie het gisteraand hul posisie in die Verenigde Rugbykampioenskap versterk met ‘n bonuspunt-oorwinning oor Cardiff, terwyl die Leeus in die vierde ronde teen Edinburgh vasgeval het. Die Haaie het teruggeveg om die Walliese gashere met 36–21 te klop en het ses drieë gedruk in ‘n indrukwekkende wegwedstryd. Die besoekers het teen rustyd […]