# Tehran has drawn up detailed plans to target undersea communications cables in the Gulf if the United States and Israel attack Iran again. Two senior Iranian security officials told Reuters that undersea cables in the region could become targets in any renewed conflict if diplomacy with Washington collapses. The two officials gave few details […]
# Die Stad Tshwane het die bestuurder van die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg geskors en ’n onafhanklike ondersoek gelas ná ’n onderbreking in die chloortoevoer wat watersuiwering geraak het. Die stad ondersoek ook vertragings in die waarskuwing aan inwoners oor risiko’s vir waterveiligheid. Tydens ’n inligtingsessie met die gesamentlike parlementêre portefeuljekomitees vir Water en Sanitasie en vir Gesondheid, […]
# Rise Mzansi het voorstelle gemaak om die landwye waterkrisis aan te spreek, wat deur verouderde infrastruktuur, swak instandhouding, waterverliese en munisipale wanbestuur veroorsaak word. Die party stel ‘n nasionale watermeesterplan voor, asook vinniger herstelwerk aan gebarste pype, moderne tegnologie vir die opsporing van lekkasies, en opgraderings aan verouderde water- en rioolstelsels, met die klem […]
# Pous Leo XIV het ‘n beplande besoek aan Assisi in Italië vir Dinsdag gekanselleer. Dit volg na mediese advies om nie per helikopter te reis nie terwyl hy herstel van ‘n operasie vir longkanker. Die Vatikaan sê ‘n opvolg-X-straal van die borskas het getoon sy herstel vorder baie goed. ‘n Deel van die 71-jarige […]
# Die vakbondfederasie Cosatu sê dringende, langtermynoplossings word benodig om die finansiële krisis by die mediese fonds vir afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en hul afhanklikes op te los. Dit volg nadat die regering 840-miljoen-rand bewillig het om die fonds se mediese voordele te help beskerm. Matthew Parks van Cosatu sê die regering […]
# Twee leerders is beseer in ‘n beweerde messtekery by die Helderberg High School in Somerset-Wes. Die voorval het vanoggend plaasgevind toe ‘n graad agt-leerder na bewering vier ander leerders genader en twee van hulle gesteek het. Die polisie se woordvoerder Frederick van Wyk sê die voorval word ondersoek en daar is nog niemand in […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns-afrigter Miguel Cardoso sê sy span sal vandag se tweede kragmeting in die CAF-kampioeneliga teen die Angolese span Wiliete SC soos ‘n bekerfinaal benader. Die spanne kom weer by Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar te staan, nadat die eerste wedstryd gelykop sonder doele geëindig het. Sundowns moet wen om die groepfase […]
# Motorsport: Die Britse tiener Freddie Slater sal sy eerste amptelike geleentheid in ‘n Formule Een-motor kry tydens die openings-oefensessie vir volgende maand se Meksikaanse Grand Prix. Die 18-jarige neem deel aan Audi se renjaer-ontwikkelingsprogram en het vanjaar derde geëindig in sy eerste Formule Drie-seisoen. Slater sal na verwagting ook vroeg volgende jaar aan oefensessies […]
# Suid-Koreaanse owerhede het pogings opgeskort om ‘n beroemde haai uit ‘n kanaal terug te lei see toe. Die vaalhaai-wyfie, met die bynaam Bukang-i, het Woensdag enkele ure nadat sy see toe begelei is, teruggekeer na die kanaal in Busan. Owerhede hou haar bewegings noukeurig dop. ‘n Oliestorting is vroeër vandag aangemeld naby die ingang […]