# Japan gaan ‘n span saamstel om kuber-aanvalle met kunsmatige intelligensie na te boots en swakpunte in rekenaarstelsels te identifiseer. Dit volg terwyl regerings en ondernemings wêreldwyd hulle haas om webwerwe te beveilig nadat kritieke foute ontdek is in die programmeertaal PHP waarmee talle webwerwe bedryf word. Die Japannese selfoonmaatskappy SoftBank het sy noodwaarskuwingstelsel opgeskort […]
# Israel se Weermag is opdrag gegee om voor te berei vir ‘n volledige sluiting van die besette Wesoewer nadat minstens vyf mense beseer is in ‘n skietvoorval naby Hebron. Israelse magte het twee vermeende Palestynse aanvallers doodgeskiet wat blykbaar verandwoordelik was vir die voorval. Eerste minister Benjamin Netanyahu het veiligheidsmagte opdrag gegee om Hebron […]
# Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA het ‘n berig van Mail and Guardianverwerp wat ‘n kommunikasiekontrak van 30-miljoen-rand bevraagteken. SASSA sê die kontrak is beplan voor die waarnemende uitvoerende hoof, Themba Matlou, oorgeneem het en was bedoel om openbare kommunikasie oor al nege provinsies te versterk. Die agentskap sê die veldtog het begunstigdes inlig oor die […]
# Die Suid-Afrikaanse Vrag- en Logistiekvereniging het sy Gautengse tak van stapel gestuur met die doel om bedryfsverteenwoordiging te versterk, betrokkenheid met belanghebbendes te verbeter en grensvertragings en hawe-knelpunte aan te pak. Eric Pillay is die streekvoorsitter. Hy sê dit sal vrag-beweging verbeter en streeks-ekonomiese groei ondersteun. Die voorsitter, Arend du Preez, sê sterker streeksverteenwoordiging […]
# Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne verwelkom ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Johannesburg wat fondse beskerm vir die rehabilitasie van myne en die herstel van die omgewing. Die Departement sê die uitspraak versterk die beginsel dat die fondse vir die beoogde doel aangewend word en beskerm word teen mededingende kommersiële belange. Hy sê […]
# Die DA sê die Stad Tshwane moet dringend bevestig of chloortekorte ander watersuiweringsaanlegte geraak het, na drinkwater by die Bronkhorstspruit-aanleg vir etlike weke nie gesuiwer was nie. Cilliers Brink van die party sê hulle het berigte ontvang wat daarop dui ander aanlegte is dalk ook sonder chloor. Brink doen ‘n beroep op die burgemeester […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana het gewaarsku grondwetlike vereistes en burokrasie belegging en ekonomiese groei in Suid-Afrika kan vertraag. Tydens ‘n geleentheid aangebied deur Rand Merchant Bank, het Godongwana beklemtoon struikelblokke wat dit moeiliker maak om projekte aan die gang te kry, moet verwyder word. Hy het gesê die regering streef na hervormings […]
# Die Openbare Beskermer het ‘n ondersoek na die Stad Tshwane van stapel gestuur oor die waterkrisis in Bronkhorstspruit, nadat 408 mense siek geword het. Die ondersoek volg op klagtes van die EFF en die Vryheidsfront Plus, wat beweer die stad het versuim om chloor by die water tussen 24 September en 14 Oktober te […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê Suid-Afrikaners dra steeds die koste van regeringsverkwisting en finansiële wanbestuur. Die organisasie is bekommerd oor mislukte infrastruktuurprojekte en oormatige munisipale besteding. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê elke rand wat verkwis word, is geld wat gebruik kon word om openbare dienste te verbeter, infrastruktuur in stand te hou […]