# Die leier van die Afrika Mayibuye Movement, Floyd Shivambu, sê die party neem aan die komende plaaslikeregeringsverkiesing deel om werkloosheid en gebrekkige basiese dienste aan te spreek. Tydens die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in Tembisa, Ekurhuleni, het Shivambu gesê munisipaliteite moet werk skep, vaardighede ontwikkel en produktiewe plaaslike ekonomieë bou. Hy sê […]
# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, sê die party beplan om onwettige immigrasie uit te wis en kwessies rondom eiendomsbesit landwyd aan te spreek. McKenzie het tydens die bekendstelling van die PA se plaaslikeregeringsverkiesingsmanifes in Bloemfontein gesê munisipaliteite moet die toepassing van verordeninge versterk en plaaslike sakeondernemings reguleer. Hy sê die party […]
# Die organisasie, Missing in Southern Africa, waarsku teen die toenemende plasing van ongetoetste inligting oor vermiste persone op sosiale media en boodskap-platforms. Die organisasie sê wanneer inligting geplaas word sonder om dit met familie en die polisie te koördineer, kan dit verwarring veroorsaak, ondersoeke vertraag en druk op families en die polisiebeamptes plaas. MISA-woordvoerder, […]
# Die DA in Tshwane sê hy het ‘n meerderheid van 50-persent plus een nodig om ‘n einde te bring aan koalisie-onbestendigheid en die metro alleen te regeer ná die komende plaaslikeregeringsverkiesing. Cilliers Brink van die party sê hy verwag dat die ANC en ander partye, sonder daardie mandaat, sal probeer om die DA se […]
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die party verklaar oorlog teen die ineenstorting van plaaslike regering in Suid-Afrika. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die party se plaaslikeregeringsverkiesingsveldtog in Johannesburg. Mashaba sê ActionSA wil ‘n einde bring aan wat hy ‘n kultuur van verskonings, korrupsie en onbevoegdheid noem, omstandighede waaronder miljoene mense […]
# COSATU vra dringende befondsing vir die Departement van Indiensneming en Arbeid se plan om nog 10-duisend arbeidsinspekteurs te werf. Die vakbondfederasie se woordvoerder Matthew Parks sê dit sal pogings versterk om toe te slaan op oortredings van Suid-Afrikaanse en migrante-werkers se arbeidsregte. Hy wil ook hê die regering, sakesektor en georganiseerde arbeid moet gereeld […]
# Iran today insisted that only diplomacy can solve its conflict with the United States and Israel. This comes after US President Donald Trump on Friday said he rejected an Iranian proposal to reopen the Strait of Hormuz and end fighting. Iranian Foreign Minister Abbas Araqchi posted on social media that their conditions were clear, […]
# Rugby: Die Springbok-vroue het ‘n oortuigende oorwinning van 41-29 oor Italië in die W-15 Global Series in Pordenone behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Italië se vier gedruk; Anushka Groenewald het twee keer gaan druk, terwyl Byrhandre Dolf, Maria Tshiremba, Micke Gunter en Logan Welman ook die doellyn oorgesteek het. Die Bokke het teen […]
# Motorsport: George Russell het gister die 2026-Azerbeidjanse Grand Prix op die Baku-stadskring gewen in ‘n chaotiese wedren wat deur botsings gekenmerk is. Die Mercedes-renjaer het sy eerste wegspringplek in ‘n oorwinning omskep en Max Verstappen, se poging laat in die wedren, met ‘n skamele tiende van ‘n sekonde getroef. Isack Hadjar van Red Bull […]