# Die Stad Kaapstad sê die opgradering van 32-miljoen-rand van die Mandela Park-stadion in Khayelitsha, is op koers om voor die komende atletiekseisoen voltooi te wees. Die eerste fase, wat die nuwe atletiekbaan insluit, is afgehandel. Die tweede fase behels die opgradering van sitplekke, beligting, plaveisel en ablusiegeriewe. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdienste […]
# President Cyril Ramaphosa sê politieke geskille en onbestendigheid moet nie noodsaaklike munisipale dienste ontwrig nie. Ramaphosa het in sy toespraak by die bekendstelling van die hersiene witskrif oor plaaslike regering by die Birchwood-hotel in Boksburg gesê munisipaliteite moet voortgaan om betroubare water, elektrisiteit en ander basiese dienste te verskaf, ongeag politieke verskille. Hy het […]
# Rugby: Die Verengide Rugbykampioenskap hervat vandag ná ‘n blaaskans van ‘n week. Die Haaie en Cardiff kom vanaand in Wallis teen mekaar te staan, terwyl Connacht die Italiaanse span Zebre in Ierland verwelkom. Môre speel die Leeus teen Edinburgh in die Skotse hoofstad, en die Bulle ontvang die Ierse span Ulster op Loftus. Die […]
# Motorsport: Red Bull se viermalige Formule 1-wêreldkampioen, Max Verstappen van Nederland, is vasbeslote om te verhoed dat Mercedes se Italiaanse ster, Kimi Antonelli, die naweek in Amerika die bestuurders-kampioenskap beklink. Verstappen het die vorige twee wedrenne in Maleisië en Singapoer gewen en is tans vierde op die punteleer na die Britse jaers, George Russell […]
# Die beskuldigde in die Katlehong-massaskietery, Fani John Sibeko, het sy borgtogaansoek voorlopig laat vaar in die Landdroshof in Palm Ridge, Gauteng. Hy staan tereg op aanklagte van moord met voorbedagte rade, poging tot moord en vuurwapenverwante oortredings nadat hy na bewering verlede week op roubeklaers losgebrand het, insluitend lede van die ANC-jeugliga wat teruggekeer […]
# Die Suid-Afrikaanse Stigting vir Verantwoordelike Dobbelary sê meer as een-duisend-300 Suid-Afrikaners wat in die 2025/26-boekjaar om hulp gevra het vir dobbelverwante probleme word beskou as ‘n hoë selfdoodrisiko. Suid-Afrika herdenk tans Geestesgesondheidsbewusmakingsmaand en die uitvoerende direkteur, Sibongile Simelane-Quntana, sê een-duisend-345 mense uit vyf-duisend-199 wat ondersoek was, is hoë selfdoodrisikos. Ses-en-dertig mense moes psigiatries geëvalueer […]
# Krieket: Suid-Afrika het Australië met ‘n beurt en 31 lopies in die tweede toets op St George’s Park in Gqeberha geklop. Kagiso Rabada het ses paaltjies in die wedstryd laat spat insluitend vier in die tweede beurt, terwyl Marco Jansen die laaste paaltjie laat kantel het om ‘n klinkende oorwinning vir die Proteas te […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die finale hersiene raamwerk van die Witskrif oor Plaaslike Regering is daarop gemik om aanspreeklikheid, finansiële volhoubaarheid en dienslewering in munisipaliteite te versterk. Hlabisa het in Boksburg, Ekurhuleni gepraat en sê die raamwerk stel merietegebaseerde aanstellings van munisipale amptenare, bekwame leierskap en behoorlike […]
# Regerings en ondernemings wêreldwyd werk inderhaas om hulle webwerwe te beveilig nadat twee kritieke swakhede ontdek is in PHP, ‘n programmeertaal waarvolgens ‘n groot deel van die internet funksioneer. Dit stel kuberkrakers in staat om sonder ‘n wagwoord beheer oor kwesbare bedieners oor te neem. Miljoene pogings om die swakhede uit te buit is […]