# Iran wag op Amerika se amptelike reaksie op sy voorstel om die Straat van Hormoes te heropen en gevegte in die groter Midde-Oosterse oorlog te beëindig. Intussen berig die Wall Street Journal president Donald Trump het die voorstel verwerp. Iran het die diplomatieke inisiatief by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York […]
# COSATU verwelkom die verlenging van die Eskom-raadsvoorsitter, Mteto Nyati, se kontrak. Die vakverbond loof Nyati, die vorige raad, uitvoerende hoof Dan Marokane en Eskom-werkers vir wat hy noem ʼn reusepoging om beurtkrag te oorwin. COSATU-woordvoerder Matthew Parks sê hulle bly gekant teen Eskom se ontbondeling en waarsku dit kan die nutsdiens se vordering ondermyn, […]
# Iran awaited an official US response to its proposal to reopen the Strait of Hormuz and end fighting in the wider Middle Eastern war. This comes as the Wall Street Journal reported that US President Donald Trump had rejected the deal. Iran raised the diplomatic initiative at the United Nations General Assembly in New […]
# Die Nasionale Taakspan oor Seksuele Oriëntasie, Gender-identiteit, -uitdrukking en -geslagseienskappe vra ʼn strenger en gekoördineerde strafreg-reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Dit volg nadat nege vroue se liggame die afgelope twee maande in Kemptonpark en omliggende gebiede in Ekurhuleni gevind is. Die taakspan sê die moorde beklemtoon die verband tussen vrouehaat, gewelddadige diskriminasie, vrouemoord en […]
# Eskom het die tweede agtereenvolgende week ʼn energiebeskikbaarheid-syfer van 70,4-persent aangeteken wat sy hoogste in ses jaar is. Suid-Afrika het ook 498 agtereenvolgende dae geen beurtkrag gehad nie. Die laaste beplande onderbrekings was verlede jaar in Mei. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsdiens versterk die land se energiesekerheid deur beter bedryfs- en finansiële volhoubaarheid:
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ʼn oorsigbesoek aan Ekurhuleni gebring om die polisie se gereedheid en vermoë op stasie-vlak te bepaal. Hy het die polisiekantore in Kemptonpark en Tembisa besoek en gefokus op geslagsgeweld, vrouemoord en ondersteuning aan slagoffers. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia het ná die onlangse […]
# Rugby: Springbok Women co-captains Sizophila Solontsi and Unam Tose say they are ready for the expected Italian onslaught at Stadio Omero Tognon in Pordenone this afternoon. The team completed their preparations for the match, the second of their W-15 Global Series, yesterday. Solontsi said the match will be the perfect opportunity for redemption after […]
# Die spesialis K9-maatskappy Luna Hounds sê opgeleide honde help Macadamia-boere om plae op te spoor voordat hulle sigbaar word. Robynne Oosthuizen het aan Engineering News gesê, honde wat opgelei is om reukopsporing te doen kan ‘n spesifieke dopluis-insekbesmetting identifiseer met ‘n gerapporteerde 99-persent akkuraatheid, wat produsente in staat stel om behandeling te teiken en […]
# Die Dierebeskermingsvereniging se Nasionale Raad ondersoek die SAPD-hond, Sky, se dood by die Roodeplaat-fasiliteit in Pretoria. Die raad sê hy het inspeksie gedoen by die fasiliteit, maar wag nog vir noodsaaklike inligting en dokumente voor die ondersoek afgehandel kan word. Intussen het die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, gesê die […]