# Die Organisasie teen Belastingmisbruik vra die regering om dringend forensiese dienste te verbeter nadat bevindings wat in die Parlement voorgelê is, getoon het slegs 1,5-persent van die DNS-profiele is binne die 30-dae teiken verwerk. Byna 166-duisend DNS-verwysingsmonsters wag steeds op verwerking deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê dié vertragings […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare veroordeel die Departement van Binnelandse Sake omdat hy na bewering versuim het om werknemers by die Durban-vlugtelingontvangssentrum in KwaZulu-Natal te beskerm. Claude Naicker van die PSA sê personeel is bevrees oor intimidasie, viktimisering, aanranding en lewensverlies in ‘n onbestendige omgewing, terwyl die Departement slegs administratiewe maatreëls instel. Hy sê die […]
# Die Johannesburgse Metropolisiedepartement het die gebruik van sy voertuie beperk tot noodsaaklike bedrywighede weens ernstige brandstoftekorte verbind met onbetaalde rekenings. Departementshoof Patrick Jaca het beamptes opdrag gegee om voertuie ná elke skof terug te besorg na hul staanplekke, aangesien brandstofkaarte versper is en vulstasies hul kredietgeriewe opgeskort het. Beamptes mag ook nie self vir […]
# Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters bied vandag sy 2026-konferensie oor leierskap in klimaat en energie in Sandton, Johannesburg, aan. Die konferensie bring bedryfsleiers bymekaar om Suid-Afrika se energie-uitdagings, klimaatveerkragtigheid en volhoubare finansiering te bespreek. Sleutelonderwerpe sluit in die regverdige energie-oorgang, die balansering van ontkoling met ekonomiese groei en werkskepping, asook die lok van […]
# Twee Europese vroue is na Libië geneem na hulle vrylating in Niger, waar hulle sowat 18-maande as gyselaars aagehou is. Die burgers van Oostenryk en van Switserland het in die oostelike Libiese stad Benghazi aangekom. Die Oostenrykse vrou, Eva Gretzmacher, is in Januarie verlede jaar ontvoer en die Switserse vrou, Claudia Abbt, in April. […]
# ’n Stigterslid van Umkhonto we Sizwe en oudminister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, het aan die Khampepe-kommissie gesê jong rekrute wat in die 1970’s en ’80’s by opleidingskampe aangekom het, wou wit Suid-Afrikaners doodmaak – aangevuur deur woede oor apartheid. Hy sê rekrute is geleer dat die stryd teen die apartheidstelsel gerig was, en nie […]
# Taiwan waarsku teen moontlike verwoestende wind, swaar reën en gevaarlike kusgolwe terwyl die kragtige tifoon Champi nader aan die land beweeg. Die wind het op plekke reeds 227 kilometer per uur bereik, met meer as 200 vlugte in Taiwan en Japan wat gekanselleer is. Owerhede waarsku reënval van tot een meter is in die […]
# Die Motorbedryfpersoneelvereniging veroordeel die moord op ‘n motoris in ‘n vermeende spykerlokval naby die Carousel Plaza op die N1 in Tshwane. MISA sê dit vorm deel van ‘n kommerwekkende patroon georganiseerde aanvalle op snelweë. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola verwys na voorvalle waar voertuie op die N4 en in Bedfordview met klippe bestook is. Sy sê […]
# Die Suid-Afrikaanse Brandstofkleinhandelvereniging verwelkom die brandstofprysverligting namate die feestyd nader kom. Woordvoerder Khwezi Makhathini sê die vermindering sal druk verlig op huishoudelike begrotings wat reeds gebuk gaan onder hoë lewenskoste en verligting bied aan motoriste wat langafstandreise beplan. Hy sê laer brandstofpryse sal ook die breër ekonomie bevoordeel deur vervoerkoste vir goedere en dienste […]