# Noord-Korea het sy grens-soldate opdrag gegee om vinnig en daadwerklik op te tree indien Suid-Koreaanse magte hul veiligheid bedreig aangesien dit die gevaar van konflik langs die swaar bewaakte grens verhoog. Die waarskuwing volg na die senior militêre amptenaar, Pak Jong Chon, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un se suster, Kim Yo Jong, […]
# Pous Leo die Veertiende het teruggekeer na die Sint-Pietersplein in die Vatikaanstad, waar hy pelgrims gegroet en babas vanuit sy Pousmobiel geseën het. Dit volg agt dae ná ‘n operasie om ‘n kankeragtige gewas aan sy regterlong te verwyder. Die 71-jarige pous het ook sy eerste weeklikse algemene oudiënsie sedert die operasie gehou en […]
# Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die Departement se nulverdraagsaamheid teenoor seksuele misbruik herbevestig, nadat ‘n graad vier-leerder by die Busisiwe-laerskool in Soweto na bewering deur ‘n onderwyser seksueel aangerand is. Die onderwyser is hangende dissiplinêre verrigtinge op voorsorgskorsing geplaas. Maile het vandag die skool besoek en sielkundige ondersteuning vir die […]
# DigiDeeds sê sy selfoontoepassing het sedert die bekendstelling in Maart meer as vyf-duisend-300 lede gelok, in ‘n poging om die uitdaging rondom die erkenning van eiendomsreg op huise in Suid-Afrika aan te spreek. Die uitvoerende hoof, Jaco Carstens, sê die inisiatief beoog om huishoudings te help wanneer wonings buite die formele eiendomstelsel val. Hy […]
# Die Parlementslid van die African Transformation Movement, Vuyo Zungula, eis antwoorde van die minister van Kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, oor bewerings dat buitelanders verhuurders se identiteitsdokumente sonder hul toestemming gebruik om spazawinkels te registreer. Zungula het ook gevra oor vertragings met die uitbetaling van geld uit die Spaza Shop Support Fund en pleit vir ‘n […]
# Die EFF, onder leiding van die Tshwane-burgemeesterskandidaat en tesourier-generaal Omphile Maotwe, het klagtes by die Openbare Beskermer en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor die stad se waterkrisis. Die party voer aan dat die versuim om veilige water te voorsien en gemeenskappe wat geraak word, betyds te waarsku, inwoners se gesondheid en lewens in gevaar […]
# Die DA sê die regering het vinniger en meer ambisieuse ekonomiese hervormings nodig om groei te bevorder en werksgeleenthede te skep. Die party verwelkom die Nasionale Tesourie se planne om staatskuld te stabiliseer, maar die ekonomiese groeivoorspelling van 1,2-persent is te laag om ‘n betekenisvolle verskil aan werkloosheid te maak. Kingsley Wakelin van die […]
# Die leier van die Vryheidsfront Plus, Cornè Mulder, sê betogings teen buitelandse burgers sonder geldige dokumente is verstaanbaar. Mulder het tydens ‘n toespraak in Durbanville, Kaapstad, gesê dat Suid-Afrika grensveiligheid moet versterk en immigrasiewette moet toegepas word. Mulder sê buitelandse burgers is welkom, mits hulle die land met die nodige visums of permitte binnekom. […]
# ‘n Haai wat ‘n groot trekpleister in die Suid-Koreaanse stad Busan geword het, is uiteindelik uit die kanaal gelei waarin sy langer as ‘n maand vasgekeer was. Owerhede se derde reddingspoging was suksesvol. Nette, drywende platforms en duikers is gebruik om die drie-meter-lange bronshaai, met die bynaam Bukangi, na die uitgang te stuur. Sy […]