# Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê Golden Arrow Bus Services se geteikende tariefaanpassing sal help om die impak op pendelaars te beperk, veral diegene wat reeds met stygende lewenskoste te kampe het. Van Maandag af sal sekere kontanttariewe buite spitstye met gemiddeld 4,5-persent styg, terwyl tariewe vir “Gold Card“-multi-rit-kaarte en die meeste […]
# SANParke sê geriewe by die Krugerwildtuin in Limpopo is steeds werking ná ‘n brand by die Letaba-ruskamp. Die brand het gister twee toeriste-eenhede geraak, maar personeel en veldwagters het daarin geslaag om dit te beheer voordat dit kon versprei. JP Louw van SANParke sê die wildtuinwinkel, vulstasie, olifantmuseum en kampontvangs bly soos gewoonlik oop:
# Sokker: Manchester City is volgens bronne wat deur BBC Sport aangehaal word, en berigte in The Athletic en The Times, skuldig bevind aan 114 van die 115 finansiële oortredings waarvan hulle aangekla is. Die Premierliga het City in 2023 aangekla vir vermeende oortredings tussen 2009 tot 2018. Die onafhanklike kommissie het nog geen straf […]
# Motorsport: George Russell het die voorste wegspringplek vir môre se Azerbeidjanse Grand Prix in Baku verower. Die Mercedes-renjaer was amper nege-tiendes van ‘n sekonde vinniger as Ferrari se Charles Leclerc, wat langs hom in die voorste ry gaan wegspring. Die kampioenskapsvoorloper, Kimi Antonelli, het tydens die eerste kwalifiseringsronde gebots en spring 16de weg. Oscar […]
# Die voorsitter van Artists United, Eugene Mthethwa, sê hulle is vol vertroue die moordenaars van Owen Ndlovu sal in hegtenis geneem word. Ndlovu, ‘n voormalige omroeper en aktivis vir musiekregte, se liggaam is met skietwonde in Thokoza gevind. Hy is na bewering in Katlehong, Gauteng, ontvoer nadat hy sy vrou by ‘n kerkdiens gaan […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het tydens ‘n vergadering met Japan se premier, Sanae Takaichi, kommer uitgespreek oor die swak jen. Volgens Japan se minister van Finansies, Satsuki Katayama, het Takaichi gesê ‘n ondergewaardeerde jen is problematies. Die twee leiers het ontmoet tyden die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Katayama sê hulle het ‘n […]
# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het Siphamandla Mthethwa van begin November aangestel as sy nuwe uitvoerende hoof. Hy keer terug nadat hy tydens die Covid-19-pandemie as finansiële hoof gedien het. Mthethwa is ‘n geoktrooieerde rekenmeester en beskik oor ervaring in korporatiewe finansies, tesourie- en risikobestuur. Die maatskappy se raad sê in ‘n verklaring Mthethwa keer […]
# Statistiek Suid-Afrika sê siviele skuldgevalle het in die drie maande tot Julie toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 3,9-persent gestyg, terwyl siviele vonnisse met 7,6-persent toegeneem het. Vhonani Kwinda van Stats SA sê die syfers dui op voortdurende druk op verbruikers wat […]
# Die verpleegvakbond DENOSA het sy president, Simon Hlungwani, gelukgewens nadat hy as vise-president van die Statebond-federasie vir Verpleegkundiges en Vroedvroue verkies is. Hlungwani is tydens die federasie se 27ste tweejaarlikse vergadering in Nieu-Delhi, Indië, verkies. DENOSA-woordvoerder, Sibongiseni Delihlazo, sê die federasie beïnvloed gesondheidsbeleid en ontwikkel verpleeg- en vroedvrou-vermoëns in sy 53 Statebond-lidlande: