# Rugby: The Stormers have acquired the services of scrum-half Haashim Pead in a four-year deal. The 21-year-old, who was named Player of the Tournament at last year’s Junior World Championship, was called up to a Springbok senior alignment camp and featured for South Africa A against Zimbabwe earlier this season. Stormers’ director of rugby […]
# Die Landbank het nuwe aansoeke vir sy gemengde finansieringskema tydelik opgeskort nadat die vraag na bekostigbare landboufinansiering die beskikbare toekenningsfondse oorskry het. Die skema het sedert sy bekendstelling in 2022 reeds 540 begunstigdes ondersteun. Die opskorting sal vir die res van die 2026/2027-boekjaar van krag bly, tensy bykomende befondsing beskikbaar gestel word. Die skema […]
# Die Standard Bank-ekonoom Elna Moolman sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se rentekoersverhoging van 25 basispunte kan die laaste verhoging in die huidige rentekoerssiklus wees. Volgens Moolman was stygende brandstofpryse ‘n belangrike rede vir die verhoging, aangesien petrolpryse in September weer gestyg het en moontlik in Oktober verder sal styg. Moolman het bygevoeg daar is nog […]
# Die vakbondfederasie COSATU het skerp kritiek uitgespreek teen die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7,25-persent te verhoog, en dit as uiters teleurstellend en ontydig bestempel. Die federasie voer aan die verhoging sal huislenings en ander skuld duurder maak vir werkers wat reeds swaarkry en met hoër brandstof-, vervoer- […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwag dat inflasie teen laat volgende jaar na die teiken van drie-persent sal terugkeer, ondanks ‘n styging op die kort termyn wat deur hoër brandstofpryse aangedryf word. Volgens die bank bly voedselinflasie laag, terwyl wêreldkonflikte, oliepryse en ander voorsieningsprobleme steeds risiko’s inhou. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, het aan […]
# Die Stad Johannesburg sê meer as een-miljard-rand se kwalifiserende munisipale skuldverligting is vir verwerking ingedien. Die verligting spruit voort uit meer as 18-duisend aansoeke wat teen die einde van Julie ontvang is vir uitstaande skuld van ongeveer twee-miljard-rand. Die grootste deel van die verligting is bestem vir begunstigdes van die uitgebreide maatskaplike pakket, residensiële […]
# Tennis: Carlos Alcaraz beskou die Duitser Alexander Zverev tans as die beste speler ter wêreld. Albei is die naweek vir Span Europa in die Laver-beker in Londen in aksie. Die Spanjaard glo Zverev is ‘n kragtige wapen wat hulle teen die Wêreldspan kan inspan. Dit is Alcaraz se tweede toernooi sedert hy verlede maand […]
# Krieket: Die veteraan Protea-kolwer David Miller sê hulle gaan nie te ver vooruit kyk na volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi in Suider-Afrika nie. Die Proteas speel vandag in Durban die eerste van drie eendagwedstryde teen Australië. Miller sê hoewel plekke in die Wêreldbeker-span in hul koppe sal wees, gaan hulle eerder daarop fokus om hul […]
# Build One South Africa sê hy sal ‘n skoon en eerlike veldtog voer in die aanloop tot die plaaslikeregeringverkiesing op 4 November. BOSA neem in 24 munisipaliteite deel met 794 kandidate. Die partyleier Mmusi Maimane het tydens die ondertekening van die verkiesingsgedragskode gesê kiesers moet vry wees om die party te kies wat hul […]