# Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer het drie lisensiëringsvereistes vir openbare vervoer vir ‘n tydperk van ses maande opgeskort, na kommer deur operateurs in die taxi-, skoolvervoer- en e-taxi-sektore. Die vereistes wat opgeskort is, sluit in polisieklaring-sertifikate, voldoening aan arbeidswetgewing, en professionele bestuurspermitte vir lisensiehouers wat nie self openbare vervoervoertuie bestuur nie. Lesiba […]
# Die vakbondfederasie COSATU sê dringende, langtermyn-ingrypings is nodig om die pluimveeprodusent Daybreak Foods te red en werkers se poste te beskerm, ondanks vordering om die maatskappy te bestendig. Matthew Parks van die vakbondfederasie sê huidige werkers, asook afgedankte werkers, is gesamentlik 170-miljoen-rand aan onbetaalde lone en skeidingspakkette verskuldig. Parks dring daarop aan dat die […]
# DRDGold sê sy goudproduksie het in die drie maande van Julie tot September met tien-persent tot meer as 42-duisend onse toegeneem, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die goudprodusent se bedryfswins het met 42-persent tot 1,6-miljard-rand gestyg, terwyl inkomste met 31-persent tot sowat drie-miljard-rand gestyg het. Die maatskappy het 726-miljoen-rand in vrye kontantvloei gegenereer […]
# ‘n Verdagte wat met ‘n ver-linkse beweging verbind word, is in hegtenis geneem nadat ‘n 19de-eeuse stadsaal die naweek in ‘n brand vernietig is. Die verdagte is bekend vir gewelddadige optrede teen openbare ampsdraers en word as ‘n moontlike bedreiging vir nasionale veiligheid beskou. Volgens die Franse ministerie van Justisie is meer as 120 […]
# ‘n Toksikoloog het aan die geregtelike doodsondersoek na Anele Tembe se dood wat in die Kaapstadse landdroshof plaasvind, gesê toetse op die inhoud van haar maag, bloed en oë tydens ‘n toksikologiese ontleding het spore van kokaïen, alkohol, anti-depressante, en gemoedstabiliseerders aan die lig gebring. Die 22-jarige is in April 2021 oorlede nadat sy […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê spoorvervoer is noodsaaklik om streekshandel te versterk, beleggings te lok en industrialisering te ondersteun. Creecy het tydens die viering van die Suider-Afrikaanse Spoorwegvereniging se 30ste bestaansjaar by die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg, die behoefte aan geïntegreerde vervoernetwerke oor grense heen beklemtoon. Elf privaat spoorwegoperateurs is goedgekeur om vanaf […]
# Mianmar se militêre-gesteunde regering sê koning Charles het twee boeke en ‘n verseëlde diplomatieke brief aan die voormalige leier, Aung San Suu Kyi, gestuur. Amptenare het dit gister afgelewer en seldsame foto’s van die 81-jarige Nobelpryswenner is vrygestel. Sy word sedert die militêre staatsgreep in 2021 aangehou. Haar seun, Kim Aris, vewelkom die gebaar […]
# Gholf: Die deelname van die huidige Amerikaanse Ope-kampioen, Wyndham Clark, aan die Nedbank-uitdaagtoernooi in Noordwes in Desember is bevestig. Hy sal aansluit by sy landgenoot en tweemalige Amerikaanse Ope-kampioen, Bryson DeChambeau, asook die Engelsman Justin Rose, wat die toernooi in 2013 gewen het. Die toernooi begin op 3 Desember by die Gary Player-buiteklub by […]
# ‘n Oostenrykse fietsryer is op die N2 naby Swellendam in die Wes-Kaap dood, slegs ure nadat hy met sy vrou oor sy reise deur Afrika gepraat het. Die 72-jarige Rudolf Köberl-Labenbacher was Woensdag op pad na Heidelberg toe hy ongeveer vier kilometer buite Swellendam deur ‘n voertuig getref is. Hy het vir sy vrou, […]