# Die Pretoriase Landdroshof het die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala se vrou, Tsakane, en haar medebeskuldigdes, Claudette Masethe en Given Makofane, 20-duisend-rand borgtog elk toegestaan in ‘n huurkontrak-bedrog- en korrupsiesaak. Cat Matlala bly intussen in aanhouding in die Kgosi Mampuru-gevangenis in dieselfde saak. Die beskuldigdes word aangekla van die gebruik van bedrieglike dokumente en vervalste […]
# Die Valke het weer ‘n verdagte aangekeerwat gesoek is in verband met verskeie ernstige misdade in Kanyamazane, Mpumalanga. Hy word verbind met die aanval in 2020 op die Badplaas-polisiestasie, waartydens vier vuurwapens gesteel is, asook ‘n gewapende roof by Elukwatini Cash and Carry, waar ‘n polisiebeampte geskiet en beseer is. Hy het na bewering […]
# Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die aankondiging deur die minister van Landbou, Willie Aucamp, dat kwalifiserende plaaslike en internasionale entiteite entstof teen bek-en-klouseer op groot skaal mag vervaardig deur voorwaardelike lisensie-ooreenkomste met die Landbounavorsingsraad. Die hoofbestuurder van die LNR, Bennie van Zyl, sê die raad se entstof is uiters geskik vir Suid-Afrikaanse virusstamme en […]
# Krieket: Kwena Maphaka is die vierde Suid-Afrikaanse snelbouler om te onttrek aan die eendagreeks teen Australië wat môre in Durban begin. Hy sluit aan by Kagiso Rabada, Lungi Ngidi en Ottneil Baartman, wat ook beseer is. Duan Jansen, Lizaad Williams en Nqobani Mokoena is by die groep ingesluit. Dit beteken hulle, Jansen se tweelingbroer […]
# Die lugvaartreus Airbus wil die gebruik van sy C295-militêre vervoervliegtuie in Suid-Afrika en elders in Afrika uitbrei. Die vliegtuig kan ingespan word vir soldate- en vragvervoer, mediese ontruimings en humanitêre operasies vanaf ongeteerde aanloopbane. Airbus het ‘n vier-jaar-ooreenkoms onderteken met Wits Universiteit en Frankryk se Hoër Instituut vir Lugvaartkunde en Ruimtevaart om opleiding in […]
# Statistiek Suid-Afrika sê die verligting in brandstofinflasie het gehelp om die jaarlikse vervoerinflasie in Augustus te beperk. Vervoerinflasie het van 8,9-persent in Julie tot 8,8-persent in Augustus afgeneem, terwyl jaarlikse brandstofprys-inflasie tot 20-persent verlangsaam het. Petrolpryse het tussen Julie en Augustus met twee-persent gedaal en dieselpryse het met 3,1-persent gestyg. Woordvoerder Ricado Johnson sê […]
# Die dodetal het tot 26 gestyg nadat ‘n passasiersveerboot tien dae gelede in die Java-see in Indonesië omgeslaan het. Honderd-en-nege mense word steeds vermis. Virgo Transport 8 het op 13 September in gure weer omgeslaan onderweg van Surabaya na Banjarmasin. Daar was 243 mense aan boord, insluitend 30 bemanningslede. Reddingswerkers het die afgelope drie […]
# Sokker: Italië hoop op ‘n nuwe era wanneer Roberto Mancini se tweede termyn as hoofafrigter Vrydag begin met die UEFA-nasiesligawedstryd teen België in Rome. Dit sal die Azzurri se eerste mededingende wedstryd wees sedert hulle in Maart teen Bosnië en Herzegowina verloor het in hul laaste Wêreldbeker-kwalifiseerder, wat die viermalige kampioen die derde keer […]
# Krieket: Die snelbouler Adam Milne keer na Nieu-Seeland se T20-groep terug na ‘n afwesigheid van langer as ‘n jaar. Hy is ingesluit in die groep vir volgende maand se tuisreeks teen Indië. Die 34-jarige is beseer nadat hy verlede jaar sy 56ste internasionale wedstryd gespeel het. Afrigter Rob Walter sê die opwindende jong veelsydige […]