# Rise Mzansi sê die Nasionale Tesourie moet die brandstofheffing hersien en verligting bied aan verbruikers en ondernemings wat geknou word deur stygende koste. Die party meen wêreldwye ekonomiese onsekerheid en hoër oliepryse vererger Suid-Afrika se lewenskostekrisis. Mabine Seabe van Rise Mzansi vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die mediumtermyn-begrotingsverklaring te gebruik om […]
# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith is volgens berigte op pad terug na Suid-Afrika na die beëindiging van sy kontrak met die Japannese klub Shizuoka BlueRevs. Die klub het sy vertrek vanoggend aangekondig na ‘n onderlinge ooreenkoms. Die 33-jarige Smith het in 2018 na Japan verhuis nadat hy die Leeus verlaat het. Die Bulle se […]
# ActionSA vra verligting van brandstofheffings en daadwerklike optrede teen onwettige ekonomiese bedrywighede. Matthew George van die party vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die brandstofheffing te verlaag, aangesien brandstofprysverhogings voedsel- en basiese goedere se pryse verhoog. Hy sê die regering kan dit bekostig nadat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens meer inkomste as verwag ingevorder […]
# Minstens vier Palestyne is in Gaza in Israelse aanvalle dood. Plaaslike gesondheidsbeamptes sê onder die dooies is ‘n egpaar wat gesterf het toe hul woonstel in Gasa-stad getref is, asook ‘n 17-jarige seun wat naby Khan Younis doodgeskiet is. Nog ‘n persoon is in die voorstad Zeitoun in Gasa-stad dood. Die Israelse weermag sê […]
# Die Departement van Water en Sanitasie waarsku lekkende pype, stygende vraag en onvoldoende munisipale belegging in infrastruktuur vererger die waterkrisis. Direkteur-generaal Sean Phillips, het op ‘n Waternavorsingskommissie-geleentheid gesê 47-persent van die water in Gauteng gaan verlore of word nie verreken nie, met die syfer wat in eThekwini op 60-persent staan. Hy sê 74-persent van […]
# Die Departement van Indiensneming en Arbeid help dié week werksoekers met registrasie in Soweto, Gauteng. Die veldtog vind vandag plaas in Uncle Tom’s-saal en môre in Bapedi-saal. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, moedig werkloses, sowel as diegene wat alternatiewe werk soek, aan om op die stelsel vir Openbare Indiensnemingsdienste te registreer en hul […]
# Die landbou-organisasie TLU SA is gekant teen Vrystaat Landbou se stigting van ‘n nuwe Rooivleisforum. Woordvoerder Zelda Brits sê ‘n afsonderlike struktuur wat landwyd produsente werf, kan onsekerheid skep en die Rooivleisprodusente-organisasie verswak. Brits sê produsente behoort hul verbruiksgoedere-organisasies te ondersteun, leiers tot verantwoording te roep en verandering van binne aan te vuur en […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se goedkeuringsyfer het tot ‘n rekordlaagtepunt van 31-persent gedaal, minder as drie weke voor die middeltermyn-verkiesing. ‘n Nuwe opname van Reuters en Ipsos toon slegs 35-persent van geregistreerde kiesers sal vir die Republikeine stem, vergeleke met 47-persent wat die Demokrate steun. Stygende brandstofpryse en kommer oor die ekonomie dra […]
# Krieket: Kaptein Temba Bavuma en die veelsydige Marco Jansen het Suid-Afrika se terugvegpoging gelei op die derde dag van die baie nat tweede toets teen Australië in Gqeberha. Die Proteas het hulle eerste beurt op 95 vir vyf hervat nadat baie min spel moontlik was op die eerste twee dae. Wiaan Mulder het toe […]