# Die Wes-Kaapse regering doen ‘n beroep op die nasionale regering om dringend op te tree om die voortdurende tekorte aan medisyne landswyd aan te spreek. Die tekorte hou verband met vervaardigingsprobleme, beperkings by verskaffers, asook vertragings met invoere en die toetsing van medisyne. Die LUR vir Gesondheid en Welstand, Mireille Wenger, sê beter koördinasie […]
# Die Campaign for Free Expression, Media24, amaBhungane en Daily Maverick het die Hooggeregshof in Pretoria versoek om die verhoor van twee voormalige amptenare van die Staatsveiligheidsagentskap vir die publiek oop te stel. Thulani Dlomo, bekend as voormalige president Jacob Zuma se spioen, en Patrick Mshotholo staan tereg vir die beweerde misbruik van 12-miljoen-rand se […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging doen ‘n beroep op groter bewustheid van depressie onder tieners, kuberafknouery en selfmoord na aanleiding van die dood van twee tieners. ‘n Matriekleerder aan St Anne’s Diocesan College in KwaZulu-Natal, Reneiloe Monkhi, is op 15 Oktober oorlede, terwyl Ashleigh Saville van Mitchells Plain op 7 Oktober gesterf het. Saville se pa sê […]
# Die Stad Kaapstad is besig met die oprigting van ‘n gespesialiseerde sentrum om goedkeurings vir groot en ingewikkelde ontwikkelingsprojekte te bespoedig. Daar word verwag die sentrum vir strategiese ontwikkelingsaansoeke sal teen Februarie volgende jaar by die Tafelbaai-distriksbeplanningskantoor in die middestad in werking wees. Die onderburgemeester Eddie Andrews sê die sentrum sal fokus op hoë-waarde […]
# Die voormalige president Thabo Mbeki sê apartheids-era-sake moet deur die behoorlike wetlike en grondwetlike prosesse hanteer word. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie in Johannesburg getuig en ontken dat daar ‘n algemene amnestie-ooreenkoms of geheime ooreenkomste was om vervolging te beëindig. Hy sê besluite oor vervolging moet berus by die Nasionale Vervolgingsgesag, nie politici nie. […]
# Rugby: Verenigde Rugbykampioenskap-aksie hervat hierdie naweek ná afloop van die eerste ronde van die Kampioenebeker en die Uitdaagbeker. Die Stormers, die Haaie en die Bulle het hul wedstryde gewen, terwyl die Leeus en die Cheetahs verloor het. Die Haaie pak Vrydag vir Cardiff in Wallis in ‘n VRK-kragmeting, en die Leeus speel teen Edinburgh […]
# AfriForum waarsku Suid-Afrikaners om bedag te wees op vakansiebedrog namate die feestyd nader kom. Bedrieërs gebruik vals advertensies vir akkommodasie, gekloonde webwerwe en oneerlike reisagente om mense te mislei om te betaal vir vakansies wat nie bestaan nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê meer as 48 gesinne het verlede jaar nagenoeg vyf-miljoen-rand in ‘n […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Ekurhuleni se nuwe energieprogram kan elektrisiteitskoste teen huidige tariewe met bykans agt-persent verminder. Die program sal na verwagting 16,2-miljard-rand in privaat beleggings lok, met die eerste 357 megawatt sonkrag wat in die 2027/28-boekjaar in werking sal tree. Ramokgopa sê die program kan werksgeleenthede skep, plaaslike […]
# Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, sê die stad se program vir onafhanklike kragprodusente kan beleggings van 6,2-miljard-rand lok en oor 20 jaar ’n besparing van 36-miljard-rand op grootmaat-elektrisiteit teweegbring. Xhakaza sê die stad se aansoek om ’n ministeriële bepaling ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering, bied regulatoriese sekerheid aan produsente om befondsing te vind […]