# Sokker: Die voormalige Bafana Bafana- en Kaizer Chiefs-legende, Doctor Khumalo, is aangestel as ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se tegniese komitee. Die president van SAFA, Danny Jordaan het die aanstelling bevestig ná ‘n vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee in Sandton. Die komitee hou toesig oor sokkerontwikkeling, afrigtingsstandaarde en die prestasie van nasionale spanne. […]
# Die Keniaanse Hooggeregshof het bevind die prediker Paul Mackenzie se Good News International Ministries het as ‘n eindtydsekte gefunksioneer. Regter Diana Kavedza-Mochache sê volgelinge is van die buitewêreld afgesonder, terwyl kinders toegang tot onderwys en mediese sorg geweier is. Sy lewer tans uitspraak in die moordverhoor van Mackenzie en 30 medebeskuldigdes oor die dood […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit het geen agterstand met die uitreik vanbedryfslisensies vir openbare vervoer nie. Die Provinsiale Regulerende Entiteit neem net langer as ’n maand om aansoeke te verwerk, minder as die 60 dae deur die wet voorgeskryf. Operateurs kan aanlyn aansoek doen en per SMS op hoogte gehou word van die vordering. […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Ekurhuleni se goedgekeurde Ministeriële Bepaling oor elektrisiteitsvoorsiening kan hom help om aansienlik minder staat te maak op Eskom. Ramokgopa sê die benutting van verskeie energiebronne is noodsaaklik vir beter energiesekerheid en meer bekostigbare elektrisiteit. Hy sê die verskuiwing na hernubare energie, ondersteun deur betroubare kragopwekking, […]
# President Cyril Ramaphosa sê mediavryheid moet beskerm word omdat die media ‘n onmisbare rol speel om die regering tot verantwoording te roep en tekortkominge aan die lig te bring. Hy het gepraat tydens die herdenking van Swart Woensdag- en Mediavryheidsdag in Johannesburg. Dit is vandag 49 jaar sedert die apartheidsregering in 1977 verskeie publikasies […]
# KwaZulu-Natal se rampbestuurspanne is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas voor erge donderstorms wat van vanmiddag tot middernag in dele van die provinsie verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak vier-waarskuwing vir donderstorms en ‘n vlak twee-waarskuwing vir skadelike winde uitgereik. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Siboniso Mngadi, sê […]
# Die onafhanklike Australiese parlementslid Helen Haines is in ‘n bedenklike toestand nadat sy buite haar kantoor in Wangaratta, Victoria, deur ‘n voertuig getref is. Die eerste minister Anthony Albanese sê dit lyk of dit ‘n doelbewuste aanval was. ‘n Drie-en-veertig-jarige man is in hegtenis geneem, en die polisie het ‘n mes in sy voertuig […]
# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê sakevertroue is, ten spyte van voortdurende ekonomiese onsekerheid, sterker as ‘n jaar gelede. Sy sakevertroue-indeks het verlede maand effens gedaal, met 0,8 punte tot 134,3 punte, maar het in die eerste nege maande van vanjaar op ‘n gemiddeld van 129,3 punte gestaan, vergeleke met 119 punte […]
# Die voormalige president, Thabo Mbeki, sê die ses jaar lange onderhandelinge tussen die ANC en die apartheidsregering wys hoe ingewikkeld Suid-Afrika se oorgang na demokrasie was. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie getuig oor vertragings met die vervolging van misdade uit die apartheidsera, wat deur die Waarheids-en-versoeningskommissie vir vervolging verwys is. Mbeki het ooreenkomste wat […]