# Die Suid-Afrikaanse Vuurwapenopleiersvereniging vra vir ondersoeke na beweerde bedrog, belangekonflikte en veiligheidsrisiko’s in die vuurwapenopleidingsektor. Die vereniging het ook kommer uitgespreek oor moontlike buitelandse invloed op vuurwapensertifisering vir die weermag en polisie, hoewel dit tans slegs bewerings is. Die president van die vereniging, Michael Mbedzi, sê verskeie sake is by die polisie aanhangig gemaak […]
# Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika sal bestaande half-afgebreekte voertuigmonteringsbedrywighede uitfaseer en nie meer nuwe fasiliteite ondersteun nie. Tau het by die South Africa Auto Week in Durban gesê die regering sal die definisies van volledig afgebreekte vervaardiging versterk, wat meer plaaslik vervaardigde onderdele gebruik. Die beleid sluit medium- […]
# Downingstraat 10 se beroemde kat Larry is weer katjie van die baan en terug by die Britse premier se ampswoning na ‘n operasie om ‘n sist te verwyder. Die 19-jarige muisvanger is buite die huis opgemerk met ‘n litteken en ʼn kaalgeskeerde kol op sy pels. Volgens eerste minister Andy Burnham se kantoor het […]
# Die Verkiesingskommissie het verligting aan 32 politieke partye verleen na die Konstitusionele hofuitspraak wat die ANC toelaat om ‘n uitstaande kandidatelys vir die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November voor te lê. Die besluit raak 107 munisipaliteite en beteken 33-miljoen stembriewe sal nodig wees, met 6,6-miljoen wat nog gedruk moet word. Mosotho Moepya, OVK-voorsitter, het […]
# Die Verkiesingskommissie sê die plaaslike regeringsverkiesing sal steeds op 4 November plaasvind, ondanks terugslae wat deur die Konstitusionele Hof se uitspraak oor kandidaatlyste veroorsaak is. Die OVK sal kandidaatlyste wat elektronies gelaai is verwerk. Dit stel die ANC en 32 ander politieke partye wat nie hul voorleggings gefinaliseer het nie, in staat om die […]
# Tesla se uitvoerende hoof Elon Musk het ‘n nuwe elektriese sportmotor onthul wat vir ‘n kort rukkie van die grond kan opstyg en in die lug kan tuimel. Die tegnologie is ontwikkel in samewerking met Musk se vuurpylmaatskappy, SpaceX. Tydens ‘n demonstrasie in Texas is gewys hoe die Roadster onderstebo teen ‘n geboë oprit […]
# Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Kristalina Georgieva, waarsku kunsmatige intelligensie kan groter risiko’s as voordele inhou indien daar nie voldoende beskermingsmaatreëls en ‘n etiese raamwerk is nie. Georgieva het op die Fonds en die Wêreldbank se jaarvergaderings in Bangkok gesê KI dra reeds by tot groei in die wêreldekonomie, maar kan ook […]
# Limpopo se departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid het twee busse wat van Zimbabwe op die N1 naby Polokwane gereis het, voorgekeer. Die woordvoerder Mashudu Mabata sê die busse het 178 passasiers vervoer, wat 29 meer is as hul gesamentlike kapasiteit. Daarbenewens, het 65 passasiers, insluitend 28 minderjariges, volgens berigte ook nie oor paspoorte beskik […]