# Tennis: Die jong Brasiliaan Joao Fonseco neem ‘n blaaskans om geestelik en fisies te herstel na ‘n gebeurtenisvolle seisoen. Die 20-jarige wêreld-nommer-28 word beskou as een van die belowendste jong talente. Hy sê ‘n reeks beserings het hom uit belangrike toernooie gehou en verhoed dat hy kon speel soos hy wou. Fonseca het die […]
# Rugby: Springbok coach Rassie Erasmus made 13 changes to his starting team for Sunday’s one-off Test against Australia in Perth. Centre André Esterhuizen will lead the team, with only lock Eben Etzebeth and wing Ethan Hooker retaining their places from the final Test against the All Blacks. The new front row consists of Jan-Hendrik […]
# Rugby: Alle spanaankondigings in die Verenigde Rugbykampioenskap sal vir die duur van die seisoen om drie-uur (Suid-Afrikaanse tyd) op die Donderdag van ‘n wedstrydweek plaasvind. In vorige seisoene is die spanne gewoonlik 24 uur voor afskop aangekondig. Volgens die organiseerders volg die proeflopie op terugvoer van media- en uitsaai-vennote wat vroeër toegang tot nuus […]
# Suid-Afrika se voorgestelde nuwe reëls vir oorgrenstransaksies met kriptogeldeenhede kan beleggings ter waarde van miljarde rand in gevaar stel. Die uitvoerende hoof van die internasionale kripto-beurs VALR, Farzam Ehsani, sê potensiële buitelandse beleggings van minstens 2,2-miljard-rand in Suid-Afrikaanse kripto-ondernemings is reeds op ys geplaas. Dit sluit ‘n voorgestelde belegging van 1,6-miljard-rand in, asook twee […]
# Sokker: Spanje het die kontrak van hoofafrigter Luis de la Fuente tot 2032 verleng nadat hy die land in Julie na Wêreldbeker-glorie gelei het. Die verlenging beteken dat hy tot aan die einde van die Europese Kampioenskap in 2032 in beheer sal bly. Die 65-jarige De la Fuente het in 2022 oorgeneem nadat hy […]
# Die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief vra ‘n deeglike ondersoek na Onderstepoort Biological Products weens beweerde manipulasie van die pryse van bek-en-klouseer-entstof en die maatskappy se produksievermoë. Die organisasie eis ook antwoorde oor die vyf-honderd-miljoen-rand wat volgens berigte by die maatskappy verdwyn het. Dit volg na die voorsorgskorsing van die waarnemende uitvoerende hoof van die staatsvervaardiger, […]
# Die SA Suikerrietkwekersvereniging sê kleinhandelaars en voedselvervaardigers versuim om ‘n verbintenis na te kom om Suid-Afrikaans-vervaardigde suiker te koop. Volgens die vereniging het plaaslike suikerverkope oor die afgelope drie seisoene met 20-persent gedaal, ten spyte van genoeg plaaslik vervaardigde suiker om aan die vraag te voldoen. Die woordvoerder van die vereniging, Higgins Mdluli, sê […]
# Nuwe navorsing toon mense gebruik daagliks sowat 28-persent minder woorde as in 2005. Navorsers het opnames ontleed van meer as twee-duisend mense in 22 studies wat tussen 2005 en 2019 gedoen is en bevind die aantal woorde wat mense daagliks gebruik, het jaarliks met sowat 338 afgeneem. Dit was selfs meer onder mense jonger […]
# Die SOS Support Public Broadcasting-koalisie doen ‘n beroep op sterker voorspraak ter ondersteuning van openbare diensmedia regoor Suider-Afrika. Dit volg na die koalisie se derde jaarlikse simposium oor openbare diensmedia in Johannesburg, wat belanghebbendes uit die mediasektor van Suid-Afrika, Botswana, Malawi, Namibië en Zimbabwe byeengebring het. Tydens die vergadering is ‘n vyfpuntplan aanvaar om […]