# Rugby: Huldeblyke deur die internasionale rugbygemeenskap stroom in, na die dood vroeër vandag van die Leeus se slot Hyron Andrews. Die Leeus toer op die oomblik in Frankryk, en het intussen bevestig dat hulle môre se Kampioenskapsbeker-wedstryd teen La Rochelle ter ere van Andrews sal speel. Andrews het hierdie seisoen by die Lions aangesluit, […]
# Die Kaapstadse Direktoraat vir Veiligheid en Sekuriteit het personeellede tydens sy jaarlikse toekenningseremonie vereer vir dapperheid en uitmuntende diens. Die mariene wetstoepassingsbeampte Marco Africa is erken vir die redding van ‘n man wat in ‘n sleurstroom vasgevang was, terwyl die brandweerman Morne Moolman vereer is vir sy optrede toe hy ‘n kollega gehelp het […]
# President Cyril Ramaphosa het die tweede-fase uitbreiding van Vedanta Zinc International se Gamsberg-myn in die Noord-Kaap amptelik geopen. Die projek sal die myn se vermoë vanaf vier-miljoen na agt-miljoen ton per jaar verdubbel en die jaarlikse produksie van sink tot sowat 500-duisend ton verhoog. Die uitbreiding sal na verwagting tussen 800 en een-duisend werksgeleenthede […]
# Minstens drie mense in Oekraïne is dood in Russiese hommeltuigaanvalle, terwyl sowat 370-duisend mense sonder elektrisiteit is. Twee mense is dood en 12 beseer in aanvalle op die oostelike stad Kharkif. ‘n Hommeltuig het in die noordwestelike Volyn-streek, naby die Poolse grens, ‘n voedselverwerkingsaanleg getref, waarin een persoon dood is en agt beseer is. […]
# The Passenger Rail Agency of South Africa has introduced 17 new long-distance buses to its City to City fleet, the first new buses acquired since 2010. Transport minister Barbara Creecy says the new fleet will help expand access to safe, reliable and affordable public transport. The modern coaches feature air conditioning, Wi-Fi, charging points […]
# Vandag is Wêreldvoedseldag, ‘n dag waarop wêreldwye bewusmaking oor honger, wanvoeding en armoede geskep en internasionale samewerking aangemoedig word om voedselsekerheid te bevorder. Ongeveer 645-miljoen mense het verlede jaar honger gely, terwyl byna 2,7-miljard mense nie ‘n gesonde dieet kan bekostig nie. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dis noodsaaklik om te […]
# Die Stad Kaapstad versoek inwoners en ondernemings om water te spaar ter voorbereiding van ‘n langer en droër somer. Die stad het onlangs die Stodels-tuinsentrum in Bellville besoek, waar boorgatwater gebruik en tuiniers aangemoedig word om waterslim plante te kies en ander waterbesparende gebruike toe te pas. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid […]
# Die DA gaan ‘n strafregtelike saak aanhangig maak oor beweerde tekortkominge in Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg in Tshwane. Dit volg op berigte van tot 160 gevalle van maag- en ingewandsiektes waarvan die oorsaak nog nie vasgestel is nie. Die DA se burgemeesterskandidaat, Cilliers Brink, sê ‘n verklikker beweer dat chloorbehandeling drie weke lank opgeskort is. […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys is bekommerd oor vertragings by die Onderwys- en Opleidings- owerheid vir die Konstruksiebedryf met die toekenning van beurse. Dit ontneem studente van ‘n kans om betyds toegang tot opleiding- en studiemoontlikhede te kry. Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding het CETA in Augustus verlede jaar onder […]