# Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat ‘n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van die leier van die March and March-beweging, Jacinta Ngobese-Zuma, en haar man, Xolani. Woordvoerder Kaizer Kganyago sê die instelling neem onafhanklik vervolgingsbesluite wat gegrond is op die Grondwet, die wet en bewyse, sonder opdragte van politieke partye of openbare […]
# Die Madlanga-kommissie het bewerings deur die omstrede sosiale vlinder Serge Cabonge van moontlike inmenging by ‘n strafregtelike ondersoek as vals en ongegrond verwerp. Die aantygings is in ‘n stemopname onthul wat tydens die borgtogverrigtinge van die voormalige adjunkkommissaris van Polisie, Shadrack Sibiya in die Randburgse landdroshof gespeel is. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, […]
# Build One South Africa doen ‘n beroep op die regering om sy bestedingsprioriteite te verander ten einde die lewenskoste te help verlig. Die party vra in aanloop tot die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring volgende week, dat meer geld bestee word aan die herstel van waterinfrastruktuur, werkskepping, die verbetering van polisiëring en om munisipaliteite tot verantwoording te roep. […]
# Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama het gewaarsku die neiging na ekstremisme is nie onvermydelik nie, en gesê sosiale media kan woede, vrees en wrok aanvuur. Obama het tydens ‘n toespraak gister in Glasgow, Skotland, gesê aanlyn platforms wat voorheen gehelp het om mense rondom demokrasie en menseregte te mobiliseer, word nou ook deur […]
# Die adjunkpresident Paul Mashatile sê Limpopo moet sy strategiese ligging benut om streekshandel uit te brei en voordeel te trek uit geleenthede binne die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied. Mashatile het aan afgevaardigdes by die 6de Limpopo-beleggingskonferensie gesê handel moet plaaslike produksie ondersteun, nywerhede versterk en volhoubare werksgeleenthede skep. Hy sê belegging in betroubare elektrisiteit, water, vervoer, […]
# Tennis: Die ‘Six Kings Slam’-toernooi is van hierdie maand na die einde van Desember uitgestel ná dodelike aanvalle in Saoedi-Arabië. Saterdag se aanval op die internasionale lughawe in Riaad, waarin minstens 12 mense dood en honderde beseer is, word beskryf as die dodelikste aanval in die koninkryk in meer as ‘n dekade. Die organiseerders […]
# Die Duitse lugredery Lufthansa het sommige vliegtuie wat na Frankfurt vlieg opdrag gegee om ekstra stralerbrandstof aan boord te hê omdat brandstofvoorrade by die land se grootste lughawe onder druk is. Die lugredery sê ‘n brandstofpypleiding wat tans roetine-instandhouding ondergaan, het die beskikbare voorrade geraak. Lae watervlakke in die Rynrivier knou moontlik ook aflewerings […]
# Russiese owerhede het begin met strenger stappe teen vals, kunsmatige intelligensie-geskepte foto’s van bere te midde van ‘n toename in werklike aanvalle. ‘n Vrou het met ChatGPT ‘n foto van ‘n beer in ‘n dorpie geskep en as ‘n grap met ‘n vriend gedeel. Die foto is wyd versprei op sosiale media, waarop angstige […]
# Die Indonesiese president, Prabowo Subianto, het die hoof van die land se agentskap vir rampvoorkoming en -hantering vervang terwyl veldbrande vererger. Die Leër-generaal Kristomei Sianturi neem oor by TNI Suharyanto, wat sedert 2021 hoof was. Die agentskap help om bos- en moerasbrande in Sumatra en Kalimantan te bestry, waar rook wyd voorkom. Die leierskapsverandering […]