# State-owned company Transnet has announced its intention to dispose of 15 commercial properties it owns but no longer considers core assets. These include the iconic Carlton Centre in Johannesburg, golf courses, shopping malls and other pieces of land across South Africa. Transnet bought the Carlton Centre from Anglo in 1999 for 33-million-rand. Before the […]
# Rugby: Die Leeus se hoofafrigter, Ivan van Rooyen, erken hulle is nie ten volle gereed vir die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen nie, maar gretig om hulle vanaand in Johannesburg teen Nieu-Seeland te toets. Die All Blacks is onoorwonne op hulle Suid-Afrikaanse toer nadat hulle reeds met die Stormers, die Haaie en die Bulle afgereken en […]
# Die DA in Ekurhuleni sê 16,7-miljoen-rand is aan die onvoltooide Klopperpark-brandweerstasie in Germiston bestee, sewe jaar nadat die bouwerk begin het. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê konstruksie het op 20 Maart 2019 begin, maar die kontrak is ‘n jaar later beëindig weens swak vakmanskap. Sy sê Ekurhuleni het 13-miljoen-rand aan drie diensverskaffers en […]
# Die studente-skarefinansieringsorganisasie Feenix verwelkom die Parlement se steun vir ‘n aanbeveling deur die Openbare Beskermer dat universiteite die terughouding van graadsertifikate weens studenteskuld moet heroorweeg. Dit volg na ‘n verslag dat meer as 188-duisend teruggehoude sertifikate verbind kan word met 55-miljard-rand se skuld, en administratiewe mislukkings by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die […]
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, eis die terugbetaling van die 13-miljoen-rand wat aan die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging toegeken is vir die implementering van die video-assistent-skeidsregter. McKenzie sê Safa het nie daarin geslaag om hierdie seisoen VAR in te stel nie, al het hy die fondse ontvang wat bedoel was om […]
# Die politieke ontleder Dirk Kotzé sê die vakbondfederasie COSATU se voortgesette steun vir die ANC sal ‘n beduidende terugslag wees vir die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, wat voorberei om onafhanklik aan die plaaslike regeringsverkiesing deel te neem. COSATU het egter sy finale besluit uitgestel. Kotzé het aan die SABC gesê die SAKP se onafhanklike veldtog […]
# Die DA se burgemeesterskandidaat in Emfuleni, Solomon Chabalala, sê die inhegtenisneming van sewe werknemers wat inwoners glo laat betaal vir onwettige heraansluitings, beklemtoon diepgewortelde korrupsie. Hy het aan Newzroom Afrika gesê daar is ‘n gebrek aan politieke wil om die Gautengse owerheid reg te ruk, aangesien swak gevolgsbestuur en onvoldoende interne beheermaatreëls werknemers toelaat […]
# Business Leadership South Africa sê ‘n regering verbind tot hervorming en die skepping van ‘n pro-groei-beleidsomgewing, tesame met ‘n sakevennoot verbind tot suksesvolle inwerkingstelling, sal waarskynlik lei tot meer belegging. President Cyril Ramaphosa het verlede week fase-3 van die vennootskap tussen die regering en die sakewêreld bekendgestel, gemik daarop om die bruto binnelandse produk […]
# Suid-Soedan se president, Salva Kiir, is in Suid-Afrika vir ‘n amptelike besoek en sal na verwagting hoëvlak-gesprekke met president Cyril Ramaphosa voer. Ramaphosa is voorsitter van die Afrika-Unie se ad hoc-komitee oor Suid-Soedan. Die gesprekke vind plaas te midde van toenemende kommer oor die uitvoer van Suid-Soedan se hersiene vredesooreenkoms voor die verkiesing later […]