# Die Verkiesingskommissie sê die plaaslike regeringsverkiesing sal steeds op 4 November plaasvind, ondanks terugslae wat deur die Konstitusionele Hof se uitspraak oor kandidaatlyste veroorsaak is. Die OVK sal kandidaatlyste wat elektronies gelaai is verwerk. Dit stel die ANC en 32 ander politieke partye wat nie hul voorleggings gefinaliseer het nie, in staat om die […]
# Tesla se uitvoerende hoof Elon Musk het ‘n nuwe elektriese sportmotor onthul wat vir ‘n kort rukkie van die grond kan opstyg en in die lug kan tuimel. Die tegnologie is ontwikkel in samewerking met Musk se vuurpylmaatskappy, SpaceX. Tydens ‘n demonstrasie in Texas is gewys hoe die Roadster onderstebo teen ‘n geboë oprit […]
# Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Kristalina Georgieva, waarsku kunsmatige intelligensie kan groter risiko’s as voordele inhou indien daar nie voldoende beskermingsmaatreëls en ‘n etiese raamwerk is nie. Georgieva het op die Fonds en die Wêreldbank se jaarvergaderings in Bangkok gesê KI dra reeds by tot groei in die wêreldekonomie, maar kan ook […]
# Limpopo se departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid het twee busse wat van Zimbabwe op die N1 naby Polokwane gereis het, voorgekeer. Die woordvoerder Mashudu Mabata sê die busse het 178 passasiers vervoer, wat 29 meer is as hul gesamentlike kapasiteit. Daarbenewens, het 65 passasiers, insluitend 28 minderjariges, volgens berigte ook nie oor paspoorte beskik […]
# Rugby: Huldeblyke deur die internasionale rugbygemeenskap stroom in, na die dood vroeër vandag van die Leeus se slot Hyron Andrews. Die Leeus toer op die oomblik in Frankryk, en het intussen bevestig dat hulle môre se Kampioenskapsbeker-wedstryd teen La Rochelle ter ere van Andrews sal speel. Andrews het hierdie seisoen by die Lions aangesluit, […]
# Die Kaapstadse Direktoraat vir Veiligheid en Sekuriteit het personeellede tydens sy jaarlikse toekenningseremonie vereer vir dapperheid en uitmuntende diens. Die mariene wetstoepassingsbeampte Marco Africa is erken vir die redding van ‘n man wat in ‘n sleurstroom vasgevang was, terwyl die brandweerman Morne Moolman vereer is vir sy optrede toe hy ‘n kollega gehelp het […]
# President Cyril Ramaphosa het die tweede-fase uitbreiding van Vedanta Zinc International se Gamsberg-myn in die Noord-Kaap amptelik geopen. Die projek sal die myn se vermoë vanaf vier-miljoen na agt-miljoen ton per jaar verdubbel en die jaarlikse produksie van sink tot sowat 500-duisend ton verhoog. Die uitbreiding sal na verwagting tussen 800 en een-duisend werksgeleenthede […]
# Minstens drie mense in Oekraïne is dood in Russiese hommeltuigaanvalle, terwyl sowat 370-duisend mense sonder elektrisiteit is. Twee mense is dood en 12 beseer in aanvalle op die oostelike stad Kharkif. ‘n Hommeltuig het in die noordwestelike Volyn-streek, naby die Poolse grens, ‘n voedselverwerkingsaanleg getref, waarin een persoon dood is en agt beseer is. […]
# The Passenger Rail Agency of South Africa has introduced 17 new long-distance buses to its City to City fleet, the first new buses acquired since 2010. Transport minister Barbara Creecy says the new fleet will help expand access to safe, reliable and affordable public transport. The modern coaches feature air conditioning, Wi-Fi, charging points […]