# Die vakbondfederasie COSATU het Mike Shingange as sy nuwe president verkies. Die federasie se uittredende president, Zingiswa Losi, is die nuwe hoofsekretaris verkies. Meer as een-duisend-800 afgevaardigdes het tydens die federasie se 15de nasionale kongres in Kempton Park gestem. Shingange het vir Mabutho Cele verslaan, terwyl Losi die uittredende hoofsekretaris, Solly Phetoe, geklop het. […]
# Die hoofsekretaris van COSATU, Solly Phetoe, waarsku die vermindering in werkersaktivisme plaas toenemende finansiële druk op die federasie en bedreig die volhoubaarheid van vakbonde. Phetoe het met die aanbieding van die organisasieverslag by COSATU se 15de Nasionale Kongres in Kempton Park gesê die druk verswak vakbonde se vermoë om werkers en kollektiewe bedinging te […]
# Die Verkiesingskommissie sê voorbereidings vir die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November vorder goed, met meer as 66-persent van die 79-miljoen stembriewe wat reeds gedruk is. Sy Mamabolo het aan die media gesê al 23-duisend-696 stemlokale is opgestel, terwyl die werwing en opleiding van verkiesingsbeamptes aan die gang is. Mamabolo het bygevoeg die kommissie het […]
# Die voormalige Amerikaanse visepresident Kamala Harris het gewaarsku tyd raak min om veiligheidsreëls vir kunsmatige intelligensie in plek te stel. Sy het gister in Suid-Korea gepraat en die risiko’s uitgelig, insluitend kuberaanvalle, KI-aangedrewe wapens en stelsels wat menslike beheer kan vryspring. Harris het regerings en tegnologiemaatskappye aangemoedig om vinnig op te tree en KI-ontwikkelaars […]
# Die sesmalige Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek, het haar Poolse landgenoot, Magdalena Frech, maklik in die Wuhan Ope in China se ronde van 32 geklop. Sy het haar 40ste oorwinning van die seisoen behaal en is steeds op koers vir ‘n moontlike kwarteindstryd teen die driemalige kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus. Die wêreld-nommer-170, Sonay Kartal […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die regering se nuwe waterstrategie dui nie duidelik aan wanneer probleme opgelos sal word, hoe verbeterings befonds gaan word of wie aanspreeklik gehou sal word nie. OUTA steun planne om waterverliese te verminder, infrastruktuur te herstel en geskikte personeel aan te stel, maar sê van die teikens vir 2030 […]
# Die ANC-Vroueliga veroordeel Saterdag se moord op drie vrouebestuurders in ‘n Boxer-winkel in Eshowe, KwaZulu-Natal. ‘n Medewerknemer is daardie oggend ontslaan na ‘n tugverhoor ontslaan en het ‘n vergadering met die bestuurders gevra waar hy hulle toe na bewering geskiet het. Die verdagte het van die toneel gevlug. Die liga sê die voorval, twee […]
# ‘n Nuwe Ipsos-ondesoek toon dat 75,4-persent van Suid-Afrikaanse kleinhandelaars sigarette verkoop onder die minimum belastingdrempel van 27-rand per pakkie. Die navorsing het onwettige produkte in al nege provinsies gevind, insluitend sommige formele kleinhandelwinkels. British American Tobacco South Africa sê onwettige sigaretverkope ondermyn plaaslike vervaardiging en tabakboerdery. Die maatskappy skat dat die regering jaarliks 30-miljard-rand […]
# n Ondersoek deur Discovery Insure, Johns Hopkins Universiteit en Affective Mobility het bevind dat afrigting wat deur kunsmatige intelligensie aangevuur word, voertuigbestuursgedrag kan verbeter. Navorsers het vyf-duisend bestuurders ontleed oor 1,7-miljoen ritte waartydens 15-miljoen-kilometer afgelê is. Dit toon beduidende vordering in bestuurdersveiligheid: selfoon-afleidings het met nege-persent gedaal, skerp versnelling en remming het met vyf-persent […]