# Die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, hou vol ’n pruik wat in WhatsApp-gesprekke met die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndlovu bespreek is, was werklik ‘n pruik en nie ’n kode-woord vir geld nie. Sy is in die Hooggeregshof in Pretoria gevra hoekom sy herhaaldelik daarna verwys het. Mapisa-Nqakula, wat deur ’n tolk getuig, erken […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die Konstitusionele Hof se uitspraak wat die Wet op Openbare Verkryging ongeldig verklaar, beskerm plaaslike en provinsiale regerings se reg om hul eie verkrygingsbesluite te neem. Die munisipaliteit het die wetgewing in die hof betwis op grond dat dit onwettig aanvaar en sonder voldoende openbare deelname deurgevoer is. […]
# Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope was in Julie 3,4-persent hoër as dieselfde maand verlede jaar. Die groei is hoofsaaklik aangevuur deur algemene handelaars, ander kleinhandelaars en winkels wat klere, skoeisel en voedselprodukte verkoop. Verkope het ook met 2,5-persent toegeneem vergeleke met Junie. Raquel Floris van Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het oor die drie maande tot […]
# Die Inligtingsreguleerder ondersoek ‘n data-diefstal by die voertuig-opsporingsmaatskappy Cartrack ná ‘n kuberaanval verlede maand. Cartrack sê toegang is verkry tot sy kliënte-databasis, wat kontakbesonderhede, bankinligting en voertuigdata bevat. ‘n Kuberkrakergroep het aanspreeklikheid aanvaar en beweer dat 500 giga-grepe data gesteel is. Woordvoerder Hangi Mbedzi sê Cartrack het die Inligtingsreguleerder in kennis gestel ingevolge die […]
# Financial services group Momentum has achieved its seven-billion-rand headline earnings target a year ahead of schedule. The group reported earnings of 7.06-billion-rand for the year to June, up 13-percent from the previous financial year. CEO Jeanette Marais says every business unit delivered a profit for the first time, with five divisions each contributing more […]
# Die vakbond Solidariteit sê die Konstitusionele Hof het bevind dat die Wet op Openbare Verkryging nie behoorlik aan parlementêre prosesse onderwerp is en dus nie aanvaar kan word nie. Gevolglik kan ras nie gebruik word om maatskappye outomaties van staatstenders uit te sluit nie. Woordvoerder Theuns du Buisson sê staatskontrakte behoort eerder op waarde […]
# Rugby: Die Springbokke Cheslin Kolbe, Siya Kolisi en Wilco Louw is by die Stormers se groep vir die 2026/27-seisoen ingesluit ná hul terugkeer van ander spanne. Hoofafrigter John Dobson het ‘n groep van 56 aangekondig as deel van “Projek 2029”, wanneer hulle beoog om die Kampioenebeker te wen. Die senter Ruhan Nel is kaptein […]
# Die Oekraïnse president, Volodimir Zelenski, verwelkom die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se goedkeuring van ‘n omvattende wetsontwerp oor sanksies teen Rusland. Die wetgewing is met 262 stemme teen 159 aanvaar en is gemik op Rusland se energie- en verdedigingsbedrywe, asook sy skaduvloot wat gebruik word om sanksies te omseil. Die wetsontwerp sal die Amerikaanse […]
# Oekraïnse amptenare sê minstens 26 mense, insluitend vier kinders, is oornag beseer tydens Russiese aanvalle op Kiëf, Odessa en ander streke. In Kiëf is 16 mense, onder wie twee kinders, gewond terwyl sewe mense, insluitend twee kinders, in Odessa beseer is nadat ‘n missiel ‘n woonstelgebou getref het. ‘n Man van 64 is in […]